Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

NG Gemeente Ventersdorp: Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Gemeenteprofiel: 

Dit is mielie- en beeswêreld hierdie! Die gemeente is geleë in die ou Wes-Transvaalse platteland. Die gemeenskap bestaan uit verskeie boere en ’n kleinsakegemeenskap. Daar heers ’n besondere hartlikheid onder mekaar. Ons funksioneer op die liggaamsmodel van kerkwees.

Die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom is 50 km van Ventersdorp af en Pretoria 160 km. Die kerkgebou wat in 1910 gebou is, is baie mooi met ’n uitsonderlike argitektuur.

Leraarsprofiel

  •   Skrifgetroue en dinamiese prediking is vir ons belangrik.
  •   Sterk beginselvaste leiding aan die jeug en volwassenes is prioriteit.
  •   Efesiërs 4:11 in praktyk is belangrik – “… om ander gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk”.
  • Leierskap en spanwerk is belangrik. 

Vergoeding

’n TKVI (totale koste van indiensneming) sal met die verkose kandidaat onderhandel word, so ook die aard en termyn van die pos.

’n Groot pastorie met groot erf is beskikbaar. ’n Huistoelaag kan met die kerkraad onderhandel word.

Aansoek

Indien die Here jou lei om jou gegewens as kandidaat vir ons te stuur, sal ons dit waardeer en met die nodige leiding, vertroulikheid en erns hanteer.

Skakel gerus met enige navraag vir ds Fanie Steyn (brugleraar) by 082 441 1500 of e-pos hom by fsteyn7@gmail.com. Stuur jou gegewens voor einde Januarie 2024 aan: nggemeentevsd@gmail.com


Geborg
Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand