Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hulp en Hoop Gemeenskapskerk Mokopane: Jeugleraar/Diensleraar (Kontrakpos vastetermyn vir twee jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 15 Desember 2023.

Die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk Mokopane is ’n plattelandse gemeente en bestaan uit 769 belydende en 289 dooplidmate. Die gemeente is op soek na ’n energieke persoon met ’n sterk roeping ten opsigte van gesinsbediening. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die organisering van gesinsbediening, kinder- en jeugbediening van alle skoolgaande asook naskoolse jeug in die gemeente, onder leiding van en in oorleg met die leraar.

Die pligte behels onder andere:

  • Aanbied en koördinering van kategese en kinderkerk.
  • Ontwikkeling en vestiging van ’n gesinsbediening vir laerskoolse jeug en ’n tienerbediening vir hoërskoolse jeug.
  • Ontwikkeling en vestiging van ’n volwasse jeugbediening vir  naskoolse jongmense in die gemeente.
  • Blootstelling van die jeug van die gemeente aan uitreik- en diensbaarheidsaksies.
  • Reël en aanbied van kampe.
  • Opleiding en ondersteuning van medewerkers en helpers vir die onderskeie jeugbedieninge.
  • Alle verwante take.

Posvereistes:

Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:

  • ’n Passie vir God en ’n hart vir jongmense.
  • ’n Lewende verhouding met die drie-enige God.
  • Emosionele volwassenheid en leiereienskappe.
  • Geroepenheid en passie vir jeugbediening.
  • Moet goed in spanverband kan saamwerk.
  • Lidmaat van die NG Kerk.
  • Beskik oor eie vervoer.

Kwalifikasies en ondervinding:

  • ’n Tersiêre kwalifikasie in jeugwerk.
  • Ondervinding in jeugwerk is ’n aanbeveling.

Pakket (TKVI): R450 000 per jaar.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik.

Aansoek:

  • Stuur u aansoek, asook ’n kort motivering van u aansoek per e-pos aan: admin@ngpottiessuid.org.za
  • Aansoeke moet ’n kort CV asook drie verwysings insluit.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Desember 2023.
  • Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud.

Navrae:

Enige navrae kan telefonies gerig word aan ds Jacques Erasmus, tel: 072 653 9845 of per e-pos aan admin@ngpottiessuid.org.za

Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.