Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

NG Gemeente Oos-Londen: Medeleraar Jeugbediening (Onbepaalde termyn)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Alle leraars en proponente van die NG Kerk word hiermee uitgenooi om aansoek te doen vir die bovermelde pos. (Teologiese Studente wat einde 2023 hulle studies voltooi, is ook welkom om aansoek te doen.) Kom deel saam met ons gemeente in hierdie opwindende reis waar ons as geloofsfamilie die gemeenskap wil dien met ons gawes, tot eer van God.

Die NG Gemeente Oos-Londen is ’n diverse gemeente wat lidmate van regoor die stad bedien met ongeveer 180 dooplidmate en 733 belydende lidmate. As gestuurdes van God wil ons graag op die geloofsgroei en ontwikkeling van die jeug en families in ons gemeente en gemeenskap fokus.

Leraarsprofiel:

  • ’n Lewende verhouding met die Here hê en uiteraard ’n sterk roepingsbewustheid.
  • ’n Passie vir die jeug hê en moet hulle kan toerus as gestuurdes van God.
  • Skrifgetroue prediking.
  • Iemand wat jongmense se uitdagings verstaan en hulle geestelike en emosionele be hoeftes kan bedien.
  • Moet goeie kommunikasievaardighede hê in die leefwêreld van die jeug.
  • Moet ’n rolmodel vir die jeug wees.

Die gemeente het reeds een leraar, en samewerking en goeie kommunikasievaardighede in spanverband met die huidige leraar en bedieningsleiers, is van kardinale belang.

Vergoeding en Voordele:

  • Onderhandeling vir totale pakket sal plaasvand met sinodale riglyne as basis.
  • Mediesefondssubsidie en pensioenbydrae deur gemeente.
  • Huisvesting in pastorie beskikbaar.
  • Die pakket word volgens behoefte binne wetlike vereistes gestruktureer.

Stuur aansoeke aan: ngkerkooslonden1@gmail.com

Aansoeke moet die volgende insluit:

  • Motivering wat aandui waarom u vir die pos geskik is.
  • Curriculum Vitae met foto.
  • Kontakbesonderhede van drie referente.
  • ’n Skakel (link) tot, of opname van, enige van u vorige preke.

(Aansoekers wat gekortlys word, sal genooi word vir ’n onderhoud in Oos-Londen).

Navrae: Prof Werner Nel (pre-advies) wnel@ufh.ac.za

              Ds Nico Bezuidenhout (leraar) nico@sainet.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 2 April 2023 (indien moontlik)

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg
Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand