Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Philippolis: Leraarspos vastetermyn (Onderhandelbaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 14 Februarie 2024*.

Die gemeente van Philippolis is geleë in die Suid-Vrystaat, 180 km vanaf Bloemfontein en 60 km vanaf Trompsburg. Ons is ’n tipiese gemeente op die platteland, met al die uitdagings wat klein gemeentes bied. Philippolis val onder die Ring van Fauresmith en bestaan uit 137 belydende en 36 dooplidmate.

Bedieningsareas wat vir ons as gemeente fokuspunte is:

  • Gesonde verhoudinge en uitbou van die gemeente met groot klem op huisbesoek.
  • Jeugbediening met die oog op die voortbestaan en toekoms van die gemeente.

Leraarsprofiel:

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig hê en dit beskou as ’n roeping om in sy diens te staan.
  • ’n Gelegitimeerde leraar (moontlik emeritusleraar) van die NG Kerk wees wat ’n aptyt het om hom/haarself vir nog ’n paar jaar energiek in diens van die Here, op die platteland, beskikbaar te stel.
  • Met kreatiwiteit, motivering, energie en goeie beplanning, in spanverband met die kerkraad, die gemeente te lei.

Vergoeding en voordele:

’n Vergoedingspakket met ’n totale koste van indiensneming van R180 000,00 per jaar wat R30 000,00 water en ligte insluit, plus ’n netjiese ruim pastorie. Daar is geen pensioen of mediese fonds beskikbaar nie.

Beroepingsprosedure:

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.

Aansoeke:

Stuur asseblief ’n volledige CV (nie langer as vier bladsye nie) met drie toepaslike referente elektronies na:

Die Skriba: Pulani Simes

Tel: 051 773 0014 (Werksure Maandag tot Vrydag 09:00-14:00).

E-pos: ngphil@vodamail.co.za

Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024.

Enige navrae kan ook aan bogenoemde gerig word.

* Sluitingsdatum verleng na plasing.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.