Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Jansenville: Voltydse leraarspos (Vastetermynkontrak)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


NG Gemeente Jansenville ‘Entoesiasties vir Christus’

Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Maart 2024 gevul moet word.

Gemeente en dorpsprofiel

Jansenville-gemeente is in die Oos-Kaap geleë, in ’n omgewing wat die Noorsveld genoem word. Dit is 180 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en Graaff-Reinet is 85 km verder op pad na Middelburg en Colesberg. Die gemeente bestaan uit ongeveer 250 belydende en 30 dooplidmate wat in drie plaaswyke en vyf dorpswyke woon.

Plattelandse ingesteldheid en huisbesoek is ’n noodsaaklikheid.

Boerdery vorm die kern van ekonomiese aktiwiteit en Jansenville is ’n sleutelpunt van die wêreldwye bokhaar- (“mohair”) bedryf. Verskeie groot en klein sakeondernemings is die werkverskaffers wat in die meeste verbruikerbehoeftes voorsien.

Jansenville is ’n skoon dorp op die wal van die Sondagsrivier. Die netjiese klein hospitaal het ’n dokter, ’n apteker en radiografis. In die gemeente is ’n tehuis vir bejaardes, laer-/hoërskool en kleuterskool.

Die volledige pakket van bedieningspligte

van ’n predikant, soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde, moet uitgevoer word.

Daar is een Sondagoggenddiens.

Getrou aan die ondertekende legitimasieverklaring (Reglement 11.8.4) word veronderstel.

Diensvoordele

⬥ Gedeeltelike gemeubileerde pastorie plus tuin (versorging gratis) beskikbaar.

⬥ R1 200,00 koopkrag per maand.

⬥ Internetverbindingspakket (nie onbeperk), gratis.

⬥ Gratis Telkom landlyntelefoonvoordele.

⬥ Bakkie met diesel vir besoeke.

⬥ 21 kalenderdae gewone verlof per jaar.

⬥ Een afnaweek met vyf weeksdae daarby elke kwartaal.

⬥ Salaris onderhandelbaar.

Belangstellende gelegitimeerdes van die NG Kerk, (onder 70 jaar – Regl. 13.12.3) word uitgenooi om hulle CV’s beskikbaar te stel. Dit moet ook besonderhede van drie referente, en ’n skakel na ’n onlangse video-opname van preek en/of sosialemediasnit insluit.

Die e-posadres is ngkerkjv@gmail.com.

Persone wat die kortlys haal, mag gekontak word vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.

Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024 om 18:00.

Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Etienne Keevy by 082 782 2170. E-pos: et@keevyauctions.co.za


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.