Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Drakenstein (Paarl): Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gemeenteprofiel:

  • Drakenstein-gemeente is geleë binne ’n multikulturele gemeenskap aan die oostekant van die Paarl wat plase in Drakenstein insluit. Ons ressorteer binne die Ring van Paarl.
  • Die gemeente bestaan uit ongeveer 200 belydende en 30 dooplidmate.
  • Die gemeente bestaan grootliks uit ouer persone, maar met heelwat jonger persone woonagtig binne die gemeentegrense.

Gemeentedroom: Ons droom

  • Om ’n gemeente te wees wat die waardes van Oorgee, Omgee, Aangee in alles wat ons doen uitleef.
  • Om veilige ruimtes te skep waar die verkondiging van die Woord kan plaasvind (Oorgee)
  • Oor die bediening van ons huidige lidmate wat altyd oop is om alle besoekers oud en jonk te verwelkom (Omgee).
  • Om nuwe kreatiewe en alternatiewe maniere te ondersoek om die gemeenskap waarbinne die gemeente geplaas is, te bedien (Aangee).

Leraarsprofiel:

Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat ampspligte sal nakom soos omskryf, met Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn:

  • Iemand met ’n gawe vir pastorale versorging.
  • Iemand met goeie menseverhoudinge wat in ’n multikulturele omgewing die gemeente kan versorg en uitbou.
  • Iemand wat maklik kommunikeer en almal (oud en jonk) kan laat welkom voel en aanmoedig om deel van die gemeente en groter gemeenskap te wees.
  • Iemand wat lidmate op die pad van dissipelskap kan neem (toerusting) in die uitleef van die gemeente se waardes.
  • Iemand wat gemaklik is met die gebruik van sosiale media en multimedia om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun.

Vergoeding en voordele:

Die gemeente bied ’n pakket volgens sinodale riglyne aan – Vlak 1.

’n TKVI (totale koste van indiensneming) sal met die verkose kandikaat onderhandel word.

Aansoekprosedure:

  • Belangstellendes kan ’n kort CV (nie meer as vier bladsye nie) per e-pos stuur aan: ngdrakst@netactive.co.za. Deel kortliks jou eie hart en vaardighede met ons en gee vir ons die name van drie referente om dit te ondersteun. Deur die indiening van die CV gee kandidate toestemming dat die inligting soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die POPI-wetgewing. Alle inligting sal konfidensieel hanteer word en sal deur NG Drakenstein gebruik word vir die beroepingsproses.
  • Die Pre-advies/kerkraad behou die reg voor om self ook inligting aangaande die aansoeker in te win.
  • Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word vir ’n onderhoud, preekbeurt of om ’n skakel na ’n aanlyn/YouTube preek te verskaf.
  • Vir enige navrae kontak: 

Willem Botha – wfb@sun.ac.za – 072 729 5662 (voorsitter van die kerkraad).

Freek van Zyl – fvanzyl@casidra.co.za – 082 467 1546 (voorsitter van die dagbestuur).

Lucy Fourie – ngdrakst@netactive.co.za – 021 872 8242 / 084 406 0173.

Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2024.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.