Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Griekwastad: Leraar (Kontrakpos vastetermyn vir twee jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (Kontrakpos vastetermyn vir twee jaar)

wat na gelang van omstandighede vir ’n verdere twee jaar verleng kan word.

Alle gelegitimeerdes, insluitende emeriti wat by die ABR geregistreer is, word genooi om aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL:

Griekwastad is ’n plattelandse dorp in die Noord-Kaap, 150 km wes van Kimberley. Die gemeente het sowat 170 belydende en 20 dooplidmate, met heelwat bejaardes. Daar is ’n hoër- en laerskool, maar ons gemeentekinders gaan na skole in Douglas, Kimberley en Jacobsdal. Busvervoer is beskikbaar oor naweke. Daar is ook winkels waar kruideniersware gekoop kan word, asook ’n netjiese en toegeruste staatshospitaal. Hier is nie ’n voltydse dokter of apteek nie, maar staatsdokters geredelik beskikbaar, asook medikasie vanaf Douglas of Kimberley.

Daar is een dorpswyk, een tehuis vir bejaardes en sewe plaaswyke. Die boerderygemeenskap vorm ’n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeenskap.

LERAARSPROFIEL:

  • Volledige bediening as leraar volgens die bepalings van die Kerkorde.
  • ’n Lewende en persoonlike verhouding met Jesus Christus.
  • Ons is ’n tradisionele, behoudende gemeente, en stewig gevestig in die gereformeerde belydenisskrifte, asook Skrifgetroue teologie.
  • Griekwastadgemeente het ’n leraar nodig wat lief is vir mense, wat insig toon vir die plattelandse boerderygemeenskap se unieke omstandighede en uitdagings, en geroepe voel vir die bediening op die platteland. Goeie menseverhoudings is vir ons baie belangrik.
  • Dinamiese en Skrifgetroue prediking met optimum gebruik van multimedia.
  • Verhoudingsbou deur huis- en siekebesoek, asook wyksbyeenkomstes.
  • Besondere aandag aan die bejaardes van Huis Heldersig.

VERGOEDING:

Allesinsluitende pakket tot ’n maksimum van R360 000 per jaar.

Samestelling van pakket onderhandelbaar. Jare bedieningservaring sal ’n faktor wees by vasstelling van die pakket.

Gratis huisvesting in ruim pastorie, toegerus met noodsaaklike meublement en meegaande voordele volgens die Kerkorde.

AANSOEKPROSEDURE:

Leraars, proponente en emeriti word uitgenooi om aansoek te doen.

Stuur aansoek, CV en name van drie referente asook antwoorde op die vraelys hieronder aan ngkerkgriekwastad@gmail.com

VRAELYS:

Beantwoord asseblief die volgende vrae:

  1. Noem die spesiale belangstellingareas wat u in die bediening besonder vervullend vind.
  2. Noem u besondere gawes en hoe u dit in die bediening aanwend.
  3. Motiveer kortliks in ’n paar sinne waarom u die plattelandse bediening aantreklik sal vind.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 20 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 1 April 2024.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Navrae:

Leraar: Ds Marius Britz 082 789 5804.

Kerkraadvoorsitter: Junior Ludwick: 082 414 8988.

Leierouderling Kobie Herselman: 060 627 1640.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring uit die lys van aansoekers nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.