Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Excelsus Hoof van Sentrum vir Bedieningsontwikkeling

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

  1.     POSBESKRYWING

1.1   Pligte sluit in:

1.1.1 Fasilitering en ontwikkeling van die VBO-program vir leraars, diensleraars, standplaasleraars en bedienaars, in samewerking met die Kuratorium, die noordelike sinodes en die sinodes van Noord-Kaap en KwaZulu-Natal.

1.1.2 Bepaling en bestuur van die aanbieding van kursusse en leergeleenthede vir VBO in lyn met riglyne van die Algemene Kuratorium.

1.1.3 Bestuur van die proses vir voldoening aan die vereistes vir VBO-punte vir leraars, diensleraars, standplaasleraars en bedienaars en skakeling met die leraars in veral die noordelike sinodes.

1.1.4 Self ook verantwoordelik vir doseerwerk, kursusontwikkeling en aanbieding.

1.2   Vereistes vir kandidaat:

1.2.1 Bevoegdheid as leraar in die NG Kerk met gemeentelike ondervinding van ongeveer 10 jaar.

1.2.2 ’n Doktorsgraad in teologie.

1.2.3 VBO-punte moet op datum wees.

1.2.4 Ervaring in bestuur en aanbied van kursusse en toerusting.

1.2.5 Ervaring en kennis van kerklike werksaamhede in sinodale strukture.

1.2.6 Vermoë om te netwerk en te skakel met gemeentes, leraars, kerklike strukture en die akademie.

1.2.7 Spanwerker met gesonde menseverhoudinge.

1.2.8 Kennis van VBO-landskap en van kurrikulumontwikkeling sal ’n aanbeveling wees.

1.2.9 Ouderdom tussen 35 en 60 jaar.

1.3   Diensvoorwaardes:

1.3.1 ’n Salarispakket met byvoordele volgens sinodale skaal.

1.3.2 Diensaanvaarding 1 Maart 2024 of so gou moontlik daarna.

1.3.3 Aansoeke en aanbevelings deur kerklike liggame word gerig aan die Kuratorium by ngkerk@up.ac.za

1.3.4 Sluitingsdatum vir aansoeke 12 Januarie 2024.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.