Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Betlehem-Oos: Medeleraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Gemeente Bethlehem-Oos wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: MEDELERAARSPOS

Sluitingsdatum: 22 Januarie 2024.

Gemeenteprofiel: Bethlehem is sowat 30 km vanaf Clarens in die Oos-Vrystaat geleë. NG Gemeente Bethlehem-Oos is een van sewe NG gemeentes in Bethlehem met 620 lidmate en 155 dooplidmate. Ons is ’n gemeente waar jonk en oud welkom is en ons sien onsself as ’n familie. Ons het ook die visie om seker te maak ons skep ’n ruimte waar alle mense welkom voel sodat die Here se Woord hulle kan bereik.

Leraarsprofiel: 

Daarom wil ons graag iemand beroep wat ’n hart het vir verlorenes, ’n passie het om ’n jonger generasie weer in die kerk te kry en wat erns maak met menseverhoudings. Indien jou roeping missionaal van aard is en jy voel dat jou roeping in lyn is met ons gemeente se roeping, hoop ons van harte dat jy sal aansoek doen!

Pligte: 

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele: 

  • Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
  • Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelaag.

Aansoek:

Vra asseblief ’n vraelys aan vanaf ons skriba, me Alta Smit, by skriba@ngkoos.co.za of 073 126 2902.

’n Volledige CV, tesame met die vraelys, moet ons asseblief voor of op 22 Januarie 2024 bereik. Stuur dit aan ons skriba en CC in asseblief vir bakkermadelein@gmail.com

Navrae: 

Kontak ds Madelein Bakker by 072 605 1113 met enige navrae.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.