Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van PSD: Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (SKDB), standplaas Bellville-kantoor. Die geskikte persoon is ’n gelegitimeerde predikant wat beskik oor die vermoë om pligte op ’n deelnemende wyse, met behulp van en in oorleg met verskeie individue / spanne / spesialiste, suksesvol uit te voer. Die posbekleër rapporteer aan die SKDB.
Primêre verantwoordelikhede
- Bestuur die funksionering van Diensgroep: Diaconia (gesamentlike bediening van die NG Kerk Wes-Kaapland en die VGKSA Kaapland).
- Noue samewerking met PSD: Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste (VGKSA).
- Beïnvloed en begelei die praktyk van gemeentediakonaat in ’n missionale kerkbegrip op alle vlakke (sinodaal, ringe, gemeentes, in vennootskappe).
- Ontwikkel kernvennootskappe (wat insluit: Badisa, Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy (GHBM), ea).
- Deelname binne sinodale netwerke.
- Doen navorsing en ontwikkel strategie en diakonale modelle.
- Ondersteuning en bemagtiging (instaatstelling) van diakonale leiers.
- Ondersteuning en uitbou van al die taakspanne van die diensgroep.
- Verseker ’n goeie kommunikasiestrategie en platform tussen netwerke, gemeentes ens.
- Amptelike verteenwoordiging van die sinode en diensgroep in toepaslike liggame.
- Bestuur begroting en finansies van die diensgroep.
- Bestuur personeel en vrywilligers.
- Oorsien die bestuur van SKDB eiendomme.
Minimum vereistes
- Gelegitimeerde predikant.
- Bewese ervaring (minimum 10 jaar) in gemeentes of relevante werksomgewings.
- Kennis met betrekking tot eiendomme en die bestuur daarvan.
- Etiese en waardegedrewe lewensbeskouing en handhawing van Christelike waardes.
- Blootstelling in die Sinodale struktuur sal voordelig wees.
- Ervaring en kennis met betrekking tot missionale diakonaat.
- Ervaring in NG Kerk se barmhartigheidsdienste.
- Sterk teologiese (missionale diakonaat) agtergrond en insig.
- Goed ontwikkelde finansiële insig en syfervaardigheid.
- Vaardighede en kennis ten opsigte van die skep en uitbou van netwerke en verhoudings.
- Uitstekende tweetalige kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
- Deelnemende leierskapsvaardighede.
- Sterk organisatoriese, bestuurs- en administratiewe vaardigheid.
- Uitstekende probleemoplossing- en besluitnemingsvaardighede en innoverende denke.
- Fasilitering- en onderhandelingsvaardighede.
- Goeie vaardighede met betrekking tot diversiteitsbestuur.
- Roeping om gemeentes in hulle dienswerk te ondersteun en uit te bou.
- Uitstekende menseverhoudings.
- Behulpsaam en geduldig.
- Dinamies en selfgedrewe.
- Selfstandig en selfhandhawend.
- Hoë vlakke van emosionele intelligensie.
- Vermoë om onder druk te presteer en konflik te hanteer.
- Georganiseerd en deeglik.
- ’n Passie en visie vir die sistemiese verligting en opheffing van armoede en ander vorme van sosiale nood.
- Etiese waardesisteem.
- Beliggaamde diakonale spiritualiteit.
Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024 teen 16:00.
Diensaanvaardingsdatum: 1 April 2024.
Navrae: PSD: Diaconia (Nioma Venter), kontakbesonderhede: 021 957 7109 of nioma@kaapkerk.co.za
Aansoekproses:
Die aansoekvorm, advertensie en posbeskrywing kan by die volgende skakel gevind word: https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/
Stuur die aansoekvorm saam met ’n volledige CV aan: Hulpbronbeampte (Elmien Theron)
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za (E-pos opskrif: Aansoek – PSD: Sinodale Kommissie vir Diensgroep Barmhartigheid (Kandidaatnaam)
Neem asb kennis dat die Sinode van Wes-Kaapland se kantore sluit vanaf 14 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024 en terugvoer op aansoeke sal daarna gestuur word.
Vergoeding:
Markverwante vergoeding sal bepaal word volgens die bestaande riglyne van die Sinode van Wes-Kaapland asook gebaseer op ondervinding en kwalifikasies van die aansoeker.
Bevestiging van PSD:
Die suksesvolle kandidaat sal bevestig word as PSD in die NG Kerk.
