Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
FEBA Radio SA in Pretoria het ’n onmiddellike voltydse vakature in Pretoria vir ’n administratiewe persoon met telefoon- en basiese digitale bemarkingsvaardighede.
Tegniese vaardighede
- Vlot in Afrikaans en Engels.
- Goeie telefoonetiket en -vaardighede omdat die pos daaglikse telefoongesprekke vereis.
- Sterk administratiewe ervaring.
- Databasisopdatering.
- Ervaring van basiese sosiale media- en digitale bemarking.
- Basiese grafiese ontwerp – genoegsaam om plasings op sosiale media te doen met bv. Adobe Suite en Canva.
- Basiese ervaring met die stuur van grootmaat e-posse met bv. Mailchimp, asook die gebruik van grootmaat sms’e.
- Enige ander kantoorwerk soos deur situasie bepaal.
Persoonlike kwaliteite
- Graad, diploma of sertifikate in enige van die bogenoemde areas.
- Goeie gesondheid.
- Vinnige leerder, goeie bestuurs- en beplanningsvaardighede, selfgemotiveerd.
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede en goeie spanspeler met positiewe energie en houding.
- Help met enige take soos nodig in spanverband.
- Moet ’n aktiewe Christen wees met ’n passie vir evangelisasie en die werk van God se koninkryk.
Salaris bepaal deur aansoeker se kwalifikasies en ondervinding.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024.
CV na: jvermeulen@febaradio.co.za Web: www.febaradio.co.za
Geborg
