Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Lynnwood: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2024  

 In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Gemeente Lynnwood die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.  

Hierdie pos bied ’n wonderlike geleentheid vir ’n ervare leraar om sy/haar bediening te verryk binne ’n energieke, omgee-geloofsgemeenskap en sodoende ’n beduidende bydrae te maak om God se koninkryk verder uit te bou.

Gemeenteprofiel   

Die gemeente is geleë in die ou ooste van Pretoria, omring deur goeie laer- en hoërskole en binne trefafstand van die Universiteit van Pretoria.  

  • NG Gemeente Lynnwood is verbind daartoe om ’n geestelike tuiste te bied waar lidmate geïnspireer word om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel.
  • Die gemeente was nog altyd tradisioneel, maar terselfdertyd nie bang om vernuwend te wees nie.
  • NG Gemeente Lynnwood het ongeveer 2 100 belydende lidmate wat versprei is oor verskillende generasies waarvan ’n groot persentasie ouer as 35 is.
  • Die bedieningsfokus van die gemeente is grootliks intergenerasioneel, met ’n  duidelike fokus op gesinne. 
  • NG Gemeente Lynnwood is sterk gerig op die geestelike versorging en begeleiding van lidmate, maar lewer ook ’n groot bydrae tot noodleniging in die groter Pretoria deur middel van die Caritas-bediening.
  • Verhoudings tussen gemeentelede word gekoester en gereelde kuiergeleenthede word aangebied om die geloofsgemeenskap te versterk.
  • NG Gemeente Lynnwood moedig vernuwing en inklusiwiteit aan.  

 Leraarsprofiel 

Na aanleiding van die gemeente se behoefte, is die volgende profiel ’n riglyn vir voornemende aansoekers. Ons is op soek na:  

  • ’n leraar wat verkieslik 10-15+ jaar ondervinding as predikant het;  
  • iemand wat die vermoë het om teologiese en geestelike leiding te gee binne die konteks van eietydse uitdagings;
  • ’n leraar wat verantwoordelikheid kan neem vir eredienste en pastorale sorg;  
  • iemand wat hom vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk, en hermeneuties en eksegeties vaardig is;
  • ’n leraar met ’n bewese vermoë om effektief in ’n span te werk maar wat ook individualiteit toon om ’n impak t.o.v. gemeenteontwikkeling, die groei van lidmate, en die bywoning van eredienste en ander kerk-aktiwiteite te maak;
  • iemand wat lidmate kan begelei om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel;  
  • ’n leraar wat ’n sterk rol kan speel in die deurlopende uitbou van vernuwing en inklusiwiteit;
  • iemand met waardering vir die rol van musiek in eredienste, wat gemaklik is met die gebruik van sosiale media, asook multimedia, om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun.

Aansoekers kan hulleself vergewis van die profiel, werksaamhede of besonderhede van NG Gemeente Lynnwood op die gemeente se webblad, www.lynnwoodgemeente.co.za 

Vergoeding en behuising:  Volgens sinodale riglyne. ’n Behuisingstoelaag is beskikbaar.  

Aansoekprosedure  

  • Belangstellendes kan ’n kort CV per e-pos stuur aan:  swanepoelampie@gmail.com 
  • Gee asseblief die name van drie referente om die aansoek te ondersteun. 
  • Deur die indiening van die CV gee die kandidaat toestemming dat die inligting,  soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die Popi-wetgewing. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en deur  NG Gemeente Lynnwood gebruik word vir die beroepingsproses. 
  • Die pre-advieskomitee behou die reg voor om self inligting aangaande die aansoeker in te win.
  • Kandidate wat oorweeg word, sal genooi word vir ’n onderhoud en/of preekbeurt.

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom, kan enige tyd een van die drie leraars of die voorsitter van diensverhouding, Ampie Swanepoel, per e-pos: swanepoelampie@gmail.com of telefonies by 082 5747 370 kontak.  

 Die kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie. 

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.