Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Paulpietersburg: Voltydse leraarpos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Paulpietersburg is geleë in die noorde van KwaZulu-Natal (KZN) tussen Piet Retief en Vryheid. Ons is ’n plattelandse gemeente met 129 lidmate en 26 dooplidmate.

Leraarsprofiel: Ons is op soek na ’n leraar van die NG Kerk wat ’n liefde vir die platteland het. Hierdie leraar moet bereid wees om deel te word in die gemeenskap en saam met die gemeente op reis gaan om God se plan vir ons gemeenskap uit te leef. Ons visie is om die werkende, dienende, lewende liggaam van Christus te wees. 

Ampspligte: In gevolge Artikel 9 van die Kerkorde (2019).

Vergoeding: Kerf 1, volgens die NG Kerk in KZN se riglyne. Voordele is onderhandelbaar, plus gratis behuising wat water, elektrisiteit en sekuriteit insluit, asook tuindienste en onderhoud. Daar sal, sover dit binne ons vermoë is, elke jaar ’n persentasie (%) verhoging wees (soos vasgestel deur die NG Kerk in KZN), maar daar sal nie kerfverhogings wees nie. Die maandelikse uiteensetting van die moontlike TKVI is op navraag by die skriba beskikbaar. 

Aansoeke: Stuur CV met verwysings aan: Die skriba by ngkerkppburg@lantic.net

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2024.

Aanvangsdatum: So gou as moontlik.

Navrae: Yolanda Pienaar (skriba): 084 505 1493, Maandae, Woensdae, Vrydae 8:00-13:00.

Robert du Toit (voorsitter van die kerkraad): 072 610 1002.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.  

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.