Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Durbanville-Bergsig: Senior Jeugwerker

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 1 April 2024.

NG Kerk Durbanville-Bergsig nooi gelowige lidmate van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir bogenoemde pos. Die persoon moet ’n hart hê vir tieners tussen die ouderdom van 13-18 jaar en moet bereid wees om hulle met ’n passie te bedien. Dit is ’n kontrakpos vir drie jaar met die opsie om dit na die drie jaar volledig te hersien met die oog op ’n verdere kontrakpos van twee jaar.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë en bedien ongeveer 3 500 belydende en 1 500 dooplidmate. ’n Groot persentasie van ons gemeente bestaan uit gesinne met kinders. Die geskikte kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir die tiener-erediens op Sondagaande en dit sluit in voorbereiding, prediking, musiekaanbieding en ook kleingroepbyeenkomste daarna. As die persoon ’n musiekinstrument kan speel sal dit tot voordeel wees van die bediening en in die aansoeker se guns tel. Die persoon hanteer ook ander senior jeugbyeenkomste soos bv. jeugkampe, -uitreike en sosiale aande by die kerksentrum.

Kwalifikasie en ondervinding:

  • Tersiêre kwalifikasie in jeugwerk of teologie.
  • Verkieslik ervaring van drie jaar of meer in ’n gemeente-opset.

Posbeskrywing:

Die belangrikste pligte sluit die volgende in:

  • Is verantwoordelik vir die administrasie van die Senior Jeugbediening.
  • Goeie samewerking met die predikante en junior jeugwerker van die gemeente. 
  • Bedien die tieners met die evangelie en bou verhoudings met hulle en hulle ouers.
  • Reël tienereredienste op Sondagaande gedurende die skoolkwartaal.
  • Moet die kleingroepleiers bemagtig, hulle koördineer en ondersteun.
  • Reël aktiwiteite soos bv jeugkampe, kuieraande en vakansieprogramme.
  • Volgehoue skakeling met hoërskole en ander buurgemeentes in Durbanville.
  • Saamwerk met personeellede en vrywilligers van die tienerbediening in Bergsig.
  • Tieners moet toegerus word om in hulle geloof te groei en ander te bedien.     
  • Moet gemaklik wees met die gebruik van nuwe tegnologie en virtuele kommunikasie.
  • Gemeentevergaderings/byeenkomste bywoon en insette lewer.

Werksure:

Werksure is Maandae tot Vrydae en Sondae in die kwartaal. Daar word veronderstel dat 30 ure per week gewerk sal word.

Daar kan ook van die werknemer verwag word om enige ander pligte wat nie in die posbeskrywing uiteengesit is nie, en wat billik is, te verrig.

Vergoeding: Volgens voorgeskrewe riglyne.

Aansoeke:

Belangstellendes moet asseblief ’n e-pos stuur aan dvk@bergsigdv.co.za met die volgende inligting:

  • ’n Volledige  CV.
  • Drie toepaslike referente.
  • ’n Kort selfoonvideo van twee minute, waarin jy jouself voorstel en motiveer waarom jy die geskikte kandidaat is vir die pos.

’n Kortlys van kandidate sal na die sluitingsdatum opgestel word en sodanige kandidate sal gekontak word vir ’n onderhoud.

Vertroulikheid:

Alle inligting wat voorsien word sal as vertroulik hanteer word slegs vir die doeleindes waarvoor dit ingewin word. Neem kennis dat die inligting gedeel mag word binne verskillende afdelings van NG Kerk Durbanville-Bergsig en dat hiermee toestemming gegee word dat Bergsig die inligting kan prosesseer. NG Kerk Durbanville Bergsig voldoen aan die vereistes van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 “POPIA”.

Algemeen:

Alle navrae kan gerig word aan bogenoemde e-posadres.

Aansoekers sal so spoedig moontlik in kennis gestel word of hulle aansoek suksesvol of onsuksesvol was.

NG Kerk Durbanville-Bergsig behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

  • Advertensie is aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.