Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024.
Gemeenteprofiel: NG Waverley is in die hart van die Moot, in Pretoria. Ons lidmate strek oor verskillende generasies en ons werk hard daaraan om ’n geestelike tuiste vir oud en jonk te skep. Die jeug is ’n integrale deel van ons gemeente en daar word gefokusde aktiwiteite vir die verskillende ouderdomsgroepe aangebied (voorskoolse kinders, laerskool- en hoërskoolleerders, studente en jongvolwassenes).
Ons is ’n geloofsfamilie waar lidmate hulle gawes gebruik om die Here te dien en op vele terreine betrokke is in die gemeente en gemeenskap.
Leraarsprofiel:
- Iemand wat daarvan oortuig is dat hulle deur God geroep is om in die bediening te wees.
- Passievol oor jeugbediening.
- Iemand wat wil deel word van ons geloofsfamilie en ons kom verras met hulle kreatiewe en vernuwende denke.
- Belangstelling in en betrokkenheid by die aktiwiteite van die gemeente, asook in die gemeenskap.
- Gemaklik wees in die gebruik van sosiale media om die prediking en gemeenteaktiwiteite te ondersteun en bevorder.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- ’n Totale koste van indiensneming (TKVI) pakket per jaar is binne perke onderhandelbaar.
Aansoek:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n CV, name en kontaknommers van drie onlangse verwysings, skakels na twee onlangse preke (indien beskikbaar), ’n kort beskrywing van die aansoeker en ’n motivering vir jou aansoek asook ’n verwagte indiensneming (TKVI) pakket.
- Aansoeke moet per e-pos gestuur word aan: ngwaverley@mweb.co.za
- Aansoekers wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
Diensaanvaarding: Sal bepaal word na beskikbaarheid van geskikte kandidaat.
Navrae:
- Ds Attie Nel (082 418 5054) of attie.nel@ngwaverley.co.za
- Me Linda Jansen (082 469 4026) of lindajansen2561@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
