Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Kerk Steynsrus is op soek na ’n nuwe leraar.
Vastetermynkontrak (Twee jaar) met die opsie om te verleng.
GEMEENTEPROFIEL:
Steynsrus is ’n plattelandse dorp geleë in die Noordoos-Vrystaat. 50 km vanaf Kroonstad en 90 km vanaf Bethlehem. Senekal is 47 km vanaf Steynsrus met ’n bussie wat daagliks skoolkinders vervoer.
Hier woon baie jongmense met baie inisiatief, onder andere ’n aktiewe boerevereniging, die OOD-liefdadigheidsorganisasie en ’n dinamiese VLU. Hier is ook ’n pragtige sentrum vir bejaardes.
Daar is tans 236 belydende en 43 dooplidmate. Ons gemeente is 113 jaar oud en spog met ’n pragtige kerkgebou. Ons vleisfees en basaar is die hoogtepunte op ons kalender. Hier is genoegsame winkels asook ’n koöperasie. Steynsrus leen hom tot ’n gesonde buiteluglewe.
Kom ervaar plattelandse gasvryheid op sy beste!
LERAARSPROFIEL:
- ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
- ATP-geregistreer.
- Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak.
- ’n Leraar met ’n passie vir die plattelandse bediening.
- Pastorale, siek- en huisbesoeke is belangrik – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die kerkraad.
VERGOEDING:
- Totale koste van vergoeding (TKV) – R360 000/jaar – onderhandelbaar.
- Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) – munisipale rekening vir eie koste.
AANSOEKE:
Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt – reiskoste tot en met R1 000 sal voorsien word.
RIG AANSOEKE AAN:
Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus, per e-pos aan: ngksteynsrus@gmail.com
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 15 Februarie 2024.
DIENSAANVAARDING: 1 April 2024.
NAVRAE:
Herman Janse van Rensburg – 082 433 9914. Frikkie Richter – 082 782 8384.
Jonette Engelbrecht – 082 833 0601. Mindus Crous – 082 314 3819.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
