Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Geloofsentrum Universitas: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024.

Die Geloofsentrum Universitas in Bloemfontein is in ’n posisie om ’n voltydse leraar aan te stel. Indien jy ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk is, leef met ’n koninkryksvisie en die visie vir ons gemeente deel, sal ons graag van jou wil hoor.

Gemeenteprofiel

Die Geloofsentrum is ’n plek waar mense van alle agtergronde, ouderdomme en kulture ’n geestelike tuiste vind en waar ons vir God leef en mekaar in liefde ondersteun. Hier voel almal tuis en noem ons mekaar familie.

Die anker van die Geloofsentrum is die Woord van God. Skrifgetroue en relevante prediking is ons prioriteit. Daar is aktiewe deelname en bywoning van eredienste, waar almal uitgedaag en toegerus word om praktiese Christenskap uit te leef. 

Hier voel kinders, jongmense en volwassenes dat hulle diensbaar kan wees en dat hulle hulle gawes kan uitleef. Ons glo dat geloof tot aksie moet oorgaan!

Ons het ’n groeiende jeugbediening op junior-, senior- asook studentevlak en voldoende fasiliteite om die bediening moontlik te maak.

Ons is opgewonde oor Centre of Faith, wat deel vorm van die Geloofsentrum se uitreik aan studente. Hierdie bediening groei en maak ’n groot verskil in die studentegemeenskap.

Ons is ook opgewonde oor ons bediening op die platteland waar ons in samewerking met ander gemeentes die koninkryk van God verder uitbou.

Ons roeping is om ’n sentrum te wees vir aanbidding, heling, groei en diens.  

Die Geloofsentrum se bedieningsveld strek baie verder as die tradisionele gemeentegrense en ons aanlyn bediening is ’n al groter wordende deel van ons bediening.

Leraarsprofiel: 

  • Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.

Die minimum vereistes waaraan die geskikte kandidaat moet voldoen: 

  • Bewese ervaring in die leiding van ’n gemeente.
  • Vermoë om in spanverband met die bestuursraad, ander leraars en leiers in die gemeente saam te werk.
  • Bewese ervaring in die gebruik van sosiale- en multimedia.
  • Vermoë om goeie kommunikasie te handhaaf.

Verdere aspekte wat vir die geloofsfamilie en die Geloofsentrum belangrik is: 

  • ’n Persoon wat leef met ’n koninkryksvisie en ’n hart het vir die omliggende gemeenskap.
  • ’n Persoon wat ’n hart het vir die bediening van gesinne.
  • ’n Persoon vir wie pastorale bediening en persoonlike kontak met familielede van alle ouderdomme ’n werklike passie is.

Aansoekproses:

Aansoeke moet vergesel word deur die volgende:

  • ’n CV van maksimum vyf bladsye.
  • Kontakbesonderhede van drie referente.
  • ’n Video van ongeveer 3 minute waarin die aansoeker hulself bekend stel.
  • ’n Webskakel na ’n erediens wat die aansoeker behartig het.

Die bogenoemde kan elektronies gestuur word aan bestuur@geloofsentrum.co.za

Die sluitingsdatum is 23 Februarie 2024.

Leraars wat die kortlys haal, sal gekontak word en moet bereid wees om vir ’n onderhoud na die Geloofsentrum, Universitas in Bloemfontein te kom.

Vergoeding: Onderhandelbaar.

Diensaanvaarding: 1 April 2024 (onderhandelbaar).

Navrae: Voorsitter van bestuursraad, Ruben Gouws (082 364 9501) of ds Rikus Botha (073 106 9776).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.