Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kathu: Voltydse medeleraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 2 Februarie 2024.

Hiermee word alle leraars en proponente van die NG Kerk uitgenooi om vir hierdie medeleraarspos aansoek te doen. Ons sien daarna uit om met ’n nuwe leraarspan saam op reis te gaan.

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Kathu is ’n dinamiese gemeente op die platteland met die hartklop van ’n stadsgemeente. Ons is opgewonde oor ons samebindende gemeentevisie: Saam op reis met ’n Jesushart. Die vier pilare waarop hierdie visie rus, is Geroep, Omgee, Diensbaar en Heling. Alles wat ons in die gemeente doen is hierop gefokus. Die konsep van Geloof@Huis vorm deel van ons bedieningsfilosofie.

Die meerderheid van ons lidmate is in gevestigde beroepe, waarvan die meeste aan die mynbedryf gekoppel is. Daar is baie jonger mense in die gemeente, wat getroudes en ongetroudes insluit. Die dorp Kathu beskik oor baie goeie skole, asook verskeie inkopiesentrums, ’n privaat hospitaal en goeie dokters.

Kathu-gemeente is in ’n samewerkingsooreenkoms met Olifantshoek-gemeente.

Ons is op soek na ’n leraar wat:

  • ’n Lewende verhouding met God het.
  • Passievol is oor haar/sy roeping binne die NG Kerk.
  • Oor emosionele volwassenheid en leierseienskappe beskik.
  • In ’n spanverband met ’n medeleraar, die kerkraad en die breër gemeente kan saamwerk; ’n mens-mens vir wie goeie interpersoonlike verhoudings belangrik is.
  • ’n Hart het vir kinders, tieners en jong volwassenes.

Let wel: Hierdie is nie uitsluitlik ’n jeugleraarspos nie, maar dit is ’n belangrike bedieningsterrein waarvoor hierdie leraar verantwoordelikheid moet neem.

Die grootste persentasie van die jeug is laerskoolkinders.

  • Goed vertroud is met sosiale media.
  • ’n Goeie prediker is en wat dinamies en kreatief is in die aanbieding van eredienste. ’n Goeie aanvoeling vir sang en musiek in die erediens is vir ons baie belangrik.

Kyk ook by www.ngkathu.co.za of www.facebook.com/NG-Kerk Kathu-145161755561992/ vir meer algemene inligting oor die gemeente.

Vergoeding en voordele:

  • Sinodale skaal as riglyn.
  • ’n Gerieflike pastorie is as behuising beskikbaar.

Aansoek:

Stuur aansoeke en CV’s met drie verwysings asb teen 2 Februarie 2024 na:

skriba@ngkathu.co.za

Diensaanvaarding: So gou moontlik.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

*Popi-vrywaring: Deur jou CV te stuur na die e-posadres op die advertensie stem jy in tot: Die prosessering van jou persoonlike inligting en die deel daarvan met derdepartye vir bevestiging. NG Kerk Kathu sal die rekord van jou persoonlike inligting vertroulik hou.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top