Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Gemeente Andrew Murray Pretoria wag in afhanklikheid van God aansoeke in vir die onderstaande pos:
Vakature: Voltydse permanente of deeltydse permanente predikant
Sluitingsdatum: 1 Maart 2024, 12:00.
Gemeenteprofiel:
Andrew Murray Pretoria-gemeente is ’n ENGELSSPREKENDE gemeente van die NG Kerk (Ring van Suidoos-Pretoria), geleë in Brooklyn, met 126 belydende lidmate en 36 dooplidmate van regoor die hele Pretoria en Centurion. Ons handel volgens ons credo dat enigiemand welkom is, niemand is volmaak nie, en enigiets is moontlik. Ons is ’n klein, gesinsgedrewe, spirituele familie met ’n behoefte om gemeentebou te bewerkstellig en te onderhou. Ons het ’n noue verhouding met die Reformerende Kerk, en staan dus neutraal teenoor seksuele oriëntasie.
Leraarsprofiel:
Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees, met drie tot tien jaar verwante ondervinding.
’n Geesvervulde leraar wat met diep insig die Woord maklik verstaanbaar en passievol vir oud en jonk kan bedien.
’n Leraar wat baie gemaklik en vlot in Engels die Woord kan bedien.
’n Predikant wat pastorale sorg, geestelike begeleiding en teologiese leiding effektief kan verrig.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Gemeentebou en instandhouding daarvan.
- Vermoë om jong gesinne in die gemeente te setel.
- Unieke maar geestelikgedrewe Woordverkondiging.
- Gemaklike menseverhoudings en ’n liefde vir menswees.
- Neutrale sieninge ten opsigte van seksuele oriëntasie in lyn met die gemeente se credo.
- Om gemaklik te wees in ’n enkel-predikant omgewing, en alle ampte te verrig in daardie raamwerk;
- Lewering van ’n erediens elke Sondagoggend (met toepaslike af-naweke), alle spesiale dienste soos Aswoensdag, Paasfees, Hemelvaart, Pinkster en Kersfees, asook ’n weeklikse Bybelstudie saans.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar binne die kerwe, met sinodale skaal as riglyn. Voorgeskrewe toelaes vir reiskoste, mediese dekking en pensioenfonds is ingesluit.
- Pastorie met munisipale dienste op die kerkgronde, of ’n behuisingstoelaag is onderhandelbaar.
Aansoek: Volledige CV met drie verwysings per e-pos na die gemeentebestuurder: Anthony Tosen – office@drcamp.co.za
Kandidate op die groslys moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt gedurende Maart of April 2024.
Diensaanvaarding: 1 Mei 2024, of so gou as moontlik.
Navrae: Anthony Tosen – 083 475 1919 / office@drcamp.co.za
Die kerkraad hou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. Die kerkraad hou die reg voor om ’n voltydse of ’n deeltydse aanstelling [albei in permanente hoedanigheid] te maak, daarom word aansoeke vir beide verwelkom.
