Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Randburg: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Sluitingsdatum: 29 Februarie 2024.

Diensaanvaarding: Voor of teen 1 Julie 2024.

Is jy …

  • gereed en geroep vir ’n nuwe uitdaging?
  • tussen 35 en 50 jaar oud?
  • met minstens tien jaar ondervinding in voltydse bediening?
  • Ervare in gesinsbediening?

Waarom wag? Randburg wil graag van jou hoor!

Kom help skryf aan die volgende hoofstuk van ons geskiedenis.

Doen asseblief onmiddellik aansoek.

NG Kerk Randburg – in die hart van die stad Randburg – het ongeveer 400 belydende lidmate en 110 dooplidmate wat oor ’n uitgestrekte gebied woon. Ons streef daarna om ’n geestelike tuiste te wees vir die stadsmens van die 21ste eeu – jonk en oud, gesinne en enkellopendes – afgetredenes en jong werkendes. Die strewe word gedra deur drie bewegings … om God se kinders te help dieper groei in geloof, in liefde nader aan mekaar behoort en mekaar en sy wêreld verder met seën dien.

Die leraarsprofiel word gebou rondom die pligte van Artikel 9 van die Kerkorde met vanselfsprekende fokus op:

  • Skrifgetroue prediking in kreatiewe eredienste wat alle generasies in ag neem en musiek en tegnologie gepas gebruik.
  • Verhoudings hoog ag en met goeie interpersoonlike vaardighede gemaklik funksioneer in spanverband.
  • Sterk leierskap wat vernuwend inisiatief neem en saam met diensgroepleiers verantwoordelik is vir projekte en bedieningsaksies.

Vergoeding: Die gemeente se gesonde finansiële posisie maak ’n vergoedingspakket volgens sinodale riglyne moontlik en sluit huisvesting in ’n ruim pastorie en die gewone byvoordele in. Die pakket is egter onderhandelbaar volgens spesifieke behoeftes.

Aansoeke: Help ons om u te leer ken. Stuur ’n kreatiewe CV, van nie langer as drie bladsye nie, met minstens drie kontakbare referente en ’n skakel na ’n aanlyn erediens, na aansoeke.ngrburg@gmail.com

Daaropvolgende proses: Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat met ontvangs van aansoek aangestuur sal word. Dit moet voor of op die sluitingsdatum van 29 Februarie 2024 teruggestuur word.

Suksesvolle kandidate sal vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt genooi word. Indien die pre-advieskommissie nie binne twee weke na die sluitingsdatum met u kontak maak nie moet die aansoek as onsuksesvol beskou word.

Navrae: Vir enige navrae, kontak die pre-advieskommissie deur ’n e-pos te rig aan

aansoeke.ngrburg@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.