Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad nooi biddend gelegitimeerde leraars van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n opwindende pos.
Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024.
Gemeenteprofiel
Grasvoëlkop-gemeente bestaan uit 119 belydende en 21 dooplidmate. Ons is ’n omgeegemeente, na binne en buite, wat ’n hoë premie op goeie verhoudinge, versorging en ondersteuning plaas.
Die gemeente is in Gqeberha (Port Elizabeth) geleë.
Leraar
Ons leraar help ons geestelik groei, bind ons saam en gaan ons voor in die dien van die Here, van mekaar en in uitreik na die groter gemeenskap. Hy of sy het ’n lewende verhouding met die Here, kan leiding neem, pas goeie selfbestuur toe, is ’n spanwerker en werk ook saam met kollegas in die ring. Ons gemeente plaas die fokus op jong ouers en gesinne wat ons graag by ons bediening wil betrek.
Opdrag
Artikel 9 van die Kerkorde met prioriteite soos ooreengekom met die kerkraad. Dit is ’n deeltydse pos en werksure word met die kerkraad ooreengekom.
Vergoeding
Totale jaarlikse koste van indiensneming beloop R240 000. Bykomend word gratis huisvesting (met redelike gebruik van munisipale dienste) in ’n pastorie voorsien. Die pakket kan volgens eie behoefte binne die raamwerk van die wet gestruktureer word.
Aansoeke
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n kort CV met ’n foto. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, asook aspekte soos: die inhoud van jou geloof, jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou energeer, areas waar jy nog moet groei, en hoe jy konflik hanteer. Vertel ook hoe jy jong ouers en kinders sal betrek, en na die gemeenskap in die stad sal uitreik, en meld enige ander saak wat jy onder ons aandag wil bring.
Stuur ook vir ons ’n skakel na van jou aanlyn preke of Wetransfer ’n voorbeeld of twee na onderstaande e-posadres.
E-pos jou aansoek aan: gvk@ngkok.co.za
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
Navrae:
* Ds Gerald Ehlers (pastorale hulp): 082 226 8066.
* Ds Stephan Naudé (konsulent), 081 381 3153.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.