Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Gemeenteprofiel:
- Pofadder is ’n multikulturele dorp as gevolg van myne en sonplase in die omgewing. Springbok is die naaste groot dorp.
- Pofadder is ’n klein plattelandse gemeente met 209 lidmate (insluitend 43 dooplidmate) waarvan die meerderheid lidmate bo 50 jaar is.
- Daar is 84 besoekpunte waarvan die meeste op plase met swak onderhoude grondpaaie is en tot sover as 70 km van die dorp en verder kan wees.
- ’n Huis vir bejaardes (21 inwoners) vorm deel van die gemeente.
Ons is op soek na ’n leraar wat:
- ’n Lewende verhouding met God het.
- Moet begrip hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente, waar die nodige hulpbronne (skole, winkels, mediese behandeling, ens.) nie altyd beskikbaar is nie en afstande ’n groot rol speel.
- Oor bedieningsvaardighede beskik om met alle ouderdomsgroepe te kan werk.
- ’n Energieke motiveerder wees.
- Goeie leierskap en spanwerker.
- Plaas- en huisbesoeke asook wyksbyeenkomste is ’n prioriteit.
- Kreatiwiteit het in aanbieding en beplanning van eredienste sowel as kommunikasie.
Pligte:
Volgens Art 9 van die Kerkorde en soos ooreengekom. Die gemeente plaas ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking en getroue huisbesoek en siekebesoek.
Vergoeding:
- ’n Billike vergoedingspakket soos bepaal vir termynpos deur die riglyne van die Totale Koste vir Indiensneming (TKVI).
- ’n Gerieflike pastorie is as behuising beskikbaar met elektrisiteit, alternatiewe kragbron, water en internettoegang.
- ’n Bakkie vir reisverpligtinge binne die gemeente.
Aansoeke:
Stuur aansoeke en CV’s met drie verwysings aan: Die skriba by ngkpof@gmail.com
Navrae:
- Annas van der Merwe (voorsitter van diensverhoudinge) 084 833 0317.
- Alta Kruger (skriba) 083 236 4165.
Sluitingsdatum: 18 Maart 2024. Diensaanvaarding: So gou as moontlik.
Geborg
