Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Lux Mundi GEKA (Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië)
Gestuurdes wat God se lig na die wêreld uitdra
VAKATURE: VOLTYDSE LERAARSPOS (Afrikaans sowel as Engels)
In biddende afhanklikheid van die Here stel die gemeente die bogenoemde vakature bekend en wag met vreugde en vertroue op aansoeke van gelegitimeerde predikante.
GEMEENTEPROFIEL:
- Lux Mundi is ’n gemeente van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië (GEKA) afkomstig van die verwante Suid-Afrikaanse kerkdenominasies bekend as die “susterkerke”, insluitend die “NG Kerk”, “Gereformeerde Kerk”, “Hervormde Kerk”, en die “AP Kerk” in Perth, Wes Australië.
- Lux Mundi gemeente se bedieningsarea bestaan uit die noordelike, noord-westelike en noord-oostelike voorstede van Perth Metropool en ontmoet elke Sondag in Edgewater vir gelyklopende Afrikaanse en Engelse eredienste.
- Die gemeente bestaan tans uit ongeveer 201 ingeskrewe lidmate (114 families).
FOKUSAREAS VAN DIE POS:
- Die leidende rol in Woordverkondiging, gemeentebediening (insluitend huisbesoek), jeugbediening, getuienisbediening en pastoraat in Afrikaans maar ook gemaklik is met Engelse bediening.
- Goeie pastorale leierskap en bou van verhoudings. Betrokkenheid by die dag tot dag bestuur van gemeentelike aangeleenthede.
- Begeleiding van kleingroepe.
- Uitreik en evangelisasie van die gemeente.
LERAARSPROFIEL EN VAARDIGHEDE:
- ’n Gelegitimeerde leraar van gereformeerde afkoms met minstens 10 jaar ervaring in die bediening en wie se lewe getuig van ’n lewende verhouding met God.
- Die leraar moet alle aspekte van gemeentebediening hanteer soos uiteengesit in en soos deur die kerkraad bepaal en omskryf is in ’n diensooreenkoms.
- Sterk leierseienskappe en etiese bestuursvaardighede, kreatief, georganiseerd, goeie kommunikasievermoë en verhoudingsvaardighede, bewese rekenaargeletterdheid, insig/vaardig in praktiese gebruik van sosialemediaplatforms en onbesproke integriteit.
- Kandidate moet ook ten volle Engels magtig wees.
VERGOEDING:
Die totale koste van indiensneming (TKV1), insluitend behuising, is onderhandelbaar met die kerkraad. Nodige basiese werkfasiliteite word voorsien.
AANSOEKE MOET DIE VOLGENDE INSLUIT:
- ’n Dekbrief, nie langer as twee (2) bladsye nie.
- ’n Omvattende CV, met vermelding van bedieningsvoorkeure en gawes.
- Gesertifiseerde afskrif van een van die volgende dokumente: burgerskap, permanente residensiële visum of werksvisum vir Australië, of bewys van voorneme en/of in die proses is om na Australië (Perth) te immigreer.
- Motivering hoe die kandidaat aan die leraarsprofiel voldoen.
- Daar word van aansoekers verwag om hulle standpunte oor leeraspekte wat die denominasie identifiseer, skriftelik te verskaf. Die leeraspekte kan by admin@luxmundi.org.au aangevra word.
- Kontakbesonderhede van ten minste drie referente insluit.
- Die aansoeker moet skakels verskaf van sy erediensopnames en/of aanlyn eredienste.
- Aansoeke moet gerig word aan Koos Strydom, Voorsitter van die Beroepingskomitee.
- Gekortlyste kandidate sal aan ’n keuringsproses onderwerp word. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum en tyd, deur die keuringspaneel, in samewerking met kandidaat, bepaal.
- Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
STUUR AANSOEKE AAN: Lux Mundi GEKA. E-pos: admin@luxmundi.org.au
SLUITINGSDATUM: 18 Maart 2024.
DIENSAANVAARDING: 1 September 2024.
NAVRAE: Die Beroepingsvoorsitter, Koos Strydom. E-pos: admin@luxmundi.org.au
ADMIN: Amanda Vos. E-pos: admin@luxmundi.org.au Tel: +61 408 340 693.
