Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Februarie 2024.
Die NG Gemeente Aandbloem is gesetel in Bloemfontein binne die grense van die Engo Sentrum vir Bejaardes, met 580 lidmate. Lidmate woon in verskeie wooneenhede asook in Ons Tuiste se versorgingseenheid vir verswakte bejaardes. Die oorgrote meerderheid van die lidmate is ouer as 70 jaar en die gemiddelde ouderdom is rondom 80 jaar. Die gemeente is aktief oor ’n groot spektrum van bedieninge waarby die lidmate ten volle betrokke is.
Die gemeente benodig tans die dienste van ’n deeltydse predikant wat hulle graag so gou as moontlik in diens wil stel. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik bokant die ouderdom van sestig jaar wees en onder sewentig jaar, in ontvangs van ’n pensioen en oor eie behuising en vervoer beskik. Indien hy of sy getroud is moet die eggenoot ’n meelewende lidmaat van die NG Kerk wees.
Die suksesvolle aansoeker sal vir die volgende pligte verantwoordelik wees:
Om as deel van die leraarspan verantwoordelik te wees vir die waarneem van eredienste, diensreekse soos Week van gebed, Pinkster, Bybelstudie en begrafnisdienste.
Sistematiese huisbesoek en ander pastorale besoeke is ’n hoë prioriteit. Dit sluit in besoeke aan nuwe intrekkers, sterwensbegeleiding en hospitaalbesoeke. Betrokke by sommige van die gemeentelike kommissies.
Daar word van die suksesvolle kandidaat verwag om verpligtinge teenoor die ring en sinode en ander nie-gemeentelike organisasies tot die minimum te beperk, sodat die dienswerk in die gemeente die hoogste prioriteit sal geniet. Hy of sy moet ook geen ander werks- of studieverpligtinge hê nie.
Die kerkraad bied ’n bruto besoldigingspakket per jaar aan, sonder enige behuisingsvoordele of ander byvoordele. Hy of sy is geregtig op 42 dae verlof per jaar en een afnaweek van Vrydagoggend tot Maandagaand per maand.
Skriftelike aansoeke met ’n kort CV en ten minste twee getuigskrifte moet asseblief voor 26 Februarie 2024 (indien moontlik vroeër) ingedien word by die gemeentebestuurder.
Mev Veronica Pretorius (Ma-Vr 08:00-10:00) Adres: Van Heerdenweg 22, Bloemfontein. E-pos: aandbloem@engo.co.za Tel: 051 407 7631.
Die kerkraad behou die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling/beroep uit enige van die aansoekers te doen nie en te heradverteer.
