Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Lyttelton: Fasiliteitsbestuurder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

POSBESKRYWING: Om binne die gemeente se visie en waardestelsel deel van die personeelspan te word, met spesifieke opdrag van uitmuntende dienslewering deur die verhuring, onderhoud en instandhouding van kerk-, saal-, kantoorkompleks, woonstelle, kommune en hulle onderskeie terreine van die NG Kerk: Lyttelton Moedergemeente.

PRIMÊRE UITSETTE VAN DIE POS:

  • Die effektiewe bemarking en verhuring van die gemeentefasiliteite insluitend kontrakonderhandelings en administrasie.
  • Die effektiewe en doeltreffende toesighouding oor algemene werkers, skoonmaak, versorging en onderhoud van alle fasiliteite en hulle terreine.
  • Verantwoordelik vir die aankope en beheer oor die gebruik van skoonmaakmiddels en ander verbruiksvoorraad.
  • Die kostedoeltreffende beheer en kontrolering van die gemeente se toerusting en die administrasie daarvan.
  • Die effektiewe bestuur van die beveiliging en sekuriteit van die gemeentekomplekse en -terreine.
  • Doeltreffende toesighouding, bestuur en instandhouding van gemeente-eiendomme, ingesluit kerkgebou, muur van herinnering, kantoor- en saalgeboue, skool, woonstelle, kommune, parkeerarea, ontspanningsgebied, tuine ens.
  • Effektiewe tydsbestuur met betrekking tot aktiwiteite in en om die kerk.
  • Die verrigting van roetine kantoorwerk tydens kantoorpersoneel se jaarlikse verlof en tydelike afwesigheid.
  • Effektiewe en akkurate administrasie en verslag aan diensraad.
  • Die uitvoering van alternatiewe funksies en verantwoordelikhede soos ooreengekom.
  • Enige ander redelike versoeke en of take soos van tyd tot tyd nodig geag mag word.

POSBEKLEËRPROFIEL:

  • Persoon moet ’n belydende Christen en aktiewe lidmaat van ’n gemeente wees of na aanstelling ’n aktiewe lidmaat van die gemeente word.
  • Aftree ouderdom word op 65 jaar vasgestel.
  • Moet goeie kommunikasie en menseverhoudings kan handhaaf en aanvoeling hê vir openbare skakeling.
  • Moet in spanverband met ander personeel kan saamwerk.
  • Moet akkuraat werk met gerigtheid op besonderhede en vermoë om te beplan, skeduleer en af te handel in die korste moontlike tyd.
  • Moet beskik oor goeie administratiewe vaardighede.
  • Moet rekenaarvaardig wees met kennis oor programme soos MS Office, e-pos, internet.
  • Moet bevoeg wees op sosiale media om bemarking en advertensies te kan behartig.
  • Moet beskik oor geldige rybewys en eie vervoer.
  • Moet bevoeg en fisies daartoe in staat wees om die werk, wat fisiese aktiwiteite insluit, te verrig. ’n Goeie kennis van instandhoudingswerk, loodgietery, tuinbou en sekuriteit sal tot voordeel wees.
  • Moet bereid wees om take self af te handel en om gebruik van kontrakteurs tot die minimum te beperk.

AARD EN TERMYN VAN AANSTELLING:

  • Voldag posisie met werksure vanaf 08:00 tot 16:00.
  • Vaste termyn aanstelling van drie jaar. Suksesvolle kandidaat sal na ’n proeftydperk van drie maande ge-evalueer word vir moontlike permanente aanstelling van drie jaar.

VERGOEDINGSPAKKET: ’n Totale Koste Van Indiensneming (TKVI) -pakket sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

DATUM VAN INDIENSNEMING: So spoedig moontlik maar sal met suksesvolle kandidaat onderhandel word.

AANSOEKE:

Voltooide aansoekvorm moet tesame met kort CV by die kerkkantoor of via e-pos ingedien word voor of op 15 Maart 2024. E-pos: kantoor@nglyttelton.org.za Tel: 012 664 4725.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top