Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Lyttelton: Fasiliteitsbestuurder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

POSBESKRYWING: Om binne die gemeente se visie en waardestelsel deel van die personeelspan te word, met spesifieke opdrag van uitmuntende dienslewering deur die verhuring, onderhoud en instandhouding van kerk-, saal-, kantoorkompleks, woonstelle, kommune en hulle onderskeie terreine van die NG Kerk: Lyttelton Moedergemeente.

PRIMÊRE UITSETTE VAN DIE POS:

  • Die effektiewe bemarking en verhuring van die gemeentefasiliteite insluitend kontrakonderhandelings en administrasie.
  • Die effektiewe en doeltreffende toesighouding oor algemene werkers, skoonmaak, versorging en onderhoud van alle fasiliteite en hulle terreine.
  • Verantwoordelik vir die aankope en beheer oor die gebruik van skoonmaakmiddels en ander verbruiksvoorraad.
  • Die kostedoeltreffende beheer en kontrolering van die gemeente se toerusting en die administrasie daarvan.
  • Die effektiewe bestuur van die beveiliging en sekuriteit van die gemeentekomplekse en -terreine.
  • Doeltreffende toesighouding, bestuur en instandhouding van gemeente-eiendomme, ingesluit kerkgebou, muur van herinnering, kantoor- en saalgeboue, skool, woonstelle, kommune, parkeerarea, ontspanningsgebied, tuine ens.
  • Effektiewe tydsbestuur met betrekking tot aktiwiteite in en om die kerk.
  • Die verrigting van roetine kantoorwerk tydens kantoorpersoneel se jaarlikse verlof en tydelike afwesigheid.
  • Effektiewe en akkurate administrasie en verslag aan diensraad.
  • Die uitvoering van alternatiewe funksies en verantwoordelikhede soos ooreengekom.
  • Enige ander redelike versoeke en of take soos van tyd tot tyd nodig geag mag word.

POSBEKLEËRPROFIEL:

  • Persoon moet ’n belydende Christen en aktiewe lidmaat van ’n gemeente wees of na aanstelling ’n aktiewe lidmaat van die gemeente word.
  • Aftree ouderdom word op 65 jaar vasgestel.
  • Moet goeie kommunikasie en menseverhoudings kan handhaaf en aanvoeling hê vir openbare skakeling.
  • Moet in spanverband met ander personeel kan saamwerk.
  • Moet akkuraat werk met gerigtheid op besonderhede en vermoë om te beplan, skeduleer en af te handel in die korste moontlike tyd.
  • Moet beskik oor goeie administratiewe vaardighede.
  • Moet rekenaarvaardig wees met kennis oor programme soos MS Office, e-pos, internet.
  • Moet bevoeg wees op sosiale media om bemarking en advertensies te kan behartig.
  • Moet beskik oor geldige rybewys en eie vervoer.
  • Moet bevoeg en fisies daartoe in staat wees om die werk, wat fisiese aktiwiteite insluit, te verrig. ’n Goeie kennis van instandhoudingswerk, loodgietery, tuinbou en sekuriteit sal tot voordeel wees.
  • Moet bereid wees om take self af te handel en om gebruik van kontrakteurs tot die minimum te beperk.

AARD EN TERMYN VAN AANSTELLING:

  • Voldag posisie met werksure vanaf 08:00 tot 16:00.
  • Vaste termyn aanstelling van drie jaar. Suksesvolle kandidaat sal na ’n proeftydperk van drie maande ge-evalueer word vir moontlike permanente aanstelling van drie jaar.

VERGOEDINGSPAKKET: ’n Totale Koste Van Indiensneming (TKVI) -pakket sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

DATUM VAN INDIENSNEMING: So spoedig moontlik maar sal met suksesvolle kandidaat onderhandel word.

AANSOEKE:

Voltooide aansoekvorm moet tesame met kort CV by die kerkkantoor of via e-pos ingedien word voor of op 15 Maart 2024. E-pos: kantoor@nglyttelton.org.za Tel: 012 664 4725.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.