Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kerkbode Kollig Episode 6 Getuienis: ‘Ses jaar as gyselaar maak my geloof sterker’

In hierdie podsending deur Kerkbode Kollig vertel paramedikus Gerco van Deventer hoe sy geloof hom gehelp het om moed te hou terwyl hy vir ses jaar deur Moslemekstremiste aangehou is in Noord-Afrika.

Eers in ’n kamer iewers in Libië, toe in ’n tent tussen die sandduine van die Sahara en daarna vir sowat vyf jaar met net ’n kombers as beskerming onder ’n boom in Mali. Die laaste was na hy aan die terroristegroep Al Kaïda verkoop is.

In hierdie tyd het hy niks nuus ontvang oor hoe dit met sy gesin gaan en of hy vrygelaat gaan word of nie. Hy het net geweet die mense wat hom gevange hou soek ’n losprys.

Toe kry hy ’n opdrag om homself en sy klere te was. Dit is verby, hy word vrygelaat. Dit was einde verlede jaar. Twee goed het hom aan die gang gehou, vertel hy. Sy geloof en sy familie.

Hy en sy vrou Shereen het ook hulle storie gedeel met LiG.

Lees meer in LiG: ‘Ek het die ses jaar as gyselaar nodig gehad om my lewe reg te ruk,’ vertel Gerco van Deventer

Jaco Strydom was onlangs in Kenia waar hy met drie NG dominees van die ekumeniese teologiese netwerk, NetACT, gesels het.

Lees meer hier: Jaco Strydom gesels met drie dominees op besoek aan Kenia

Conrad Frederick Genal is ’n Duitsgebore soldaat wat nie net van sy verpligtinge as Franse Vreemdelegioen-soldaat ontsnap het deur in die Suez-kanaal te duik en daarvandaan deur Afrika te swerf nie, maar ook later in Suid-Afrika as geïnterneerde tydens die Eerste Wêreldoorlog ontsnap het. Hiervandaan het sy swerftog hom geneem tot in Dewetsdorp in die Vrystaat waar hy vir 20 pond ’n paar muurskilderye in die kerk geverf het wat vandag nog daar te sien is. So vertel Mariëtte Odendaal in Vrypos van 29 Februarie.

Lees meer hier: James Bond van ouds gooi draai in Dewetsdorp 

Geniet jy Kerkbode Kollig? Luister gerus na meer episodes HIER.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top