Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
GEMEENTEPROFIEL:
NG Kerk Empangeni is geleë in die hart van Zoeloeland en bestaan uit twee bedieningspunte: Empangeni en Mtunzini. Beide dorpe beskik oor ’n eie kerkgebou. Die gemeente (452 belydende en 91 dooplidmate) het twee vakante poste: een permanente medeleraarspos (fokus Mtunzini) en een vastetermynkontrakpos (fokus Empangeni). Daar is een kerkkantoor en skriba, gebaseer op Empangeni.
MTUNZINI
Mtunzini (’n Plekkie in die skadu) is geleë aan die Noordkus van KwaZulu-Natal, tussen Richardsbaai en Ballito. Die dorp bied ’n rustige toevlugsoord weg van die alledaagse stad- en werkslewe.
LERAARSPROFIEL: PERMANENTE MEDELERAARSPOS MET FOKUS MTUNZINI
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:
- ’n Dinamiese en energieke persoon wees wat sal fokus op die uitbreiding van die gemeente asook die ontwikkeling van die verskillende bedienings, veral jeug- en familiebediening.
- En oor uitstekende bestuurs-, organisatoriese en leierskapsvaardighede beskik.
WERKSPROFIEL
’n Voltydse permanente medeleraarspos met die klem op:
- Die uitbreiding van die gemeente en bedienings.
- Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
- Die persoon moet bereid wees om huisbesoek te doen soos benodig.
- Die gekose kandidaat sal aanvanklik (vir ongeveer 3-6 maande) die volle gemeente bedien todat die tweede leraarspos ook gevul is.
VERGOEDING
Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne (posvlak 1). Byvoordele soos medies, vervoer, selfoon, pensioen en huistoelaag sal onderhandel word tot en met ’n maksimum pakketwaarde van R415 000,00 pa.
AANSOEKE
Aansoeke vergesel deur ’n volledige CV, en navrae kan per e-pos gerig word aan die skriba, Zonia Coetzee, by ngkemp@telkomsa.net
Kandidate wat die kortlys haal moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
Sluitingsdatum: 21 April 2024.
DATUM VIR INDIENSNEMING: So gou as moontlik.
