Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Rant en Dal Prisma: Deeltydse jeugwerker (Tienerbediening)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Rant en Dal Prisma is ’n dinamiese voorstedelike gemeente in Krugersdorp, Gauteng wat tans deur twee voltydse leraars en ’n jeugwerker (verantwoordelik vir die kinderbediening) bedien word. Ons stel in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend.

Die persoon moet ’n hart hê vir tieners tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar en moet bereid wees om hulle met ’n passie te bedien.

Die kandidaat sal nou met die leraars en jeugspan saamwerk. Hy/sy sal onder andere verantwoordelik wees vir die beplanning en bestuur van Sondae se programme vir die tieners, aanbiedings by plaaslike skole, kampe en nog meer.

Pligte

Die jeugwerker se hooffokus sal lê by die bediening aan Graad 7-12 jongmense saam met die mentors van hierdie grade.

Die jeugwerker se beplanning en administrasie moet deurgaans uitstaande wees, maar hy/sy sal hierin ondersteun en bygestaan word deur administratiewe personeel, die mentors en een van die voltydse leraars.

Die jeugwerker sal saam met die voltydse leraar, kerkraadslid en ander jeugwerker die jeugbedieningspan vorm wat verantwoordelik is vir die oorhoofse bestuur en uitvoering van jeugbediening. Die jeugwerker sal saam met die voltydse leraar verslag doen aan die kerkraad oor beplande en afgehandelde aksies, begrotings, besteding en hulpbronbehoeftes.

Die jeugwerker sal ook verantwoordelik wees vir die volgende:

  • die jaarlikse jeugprogram, wat voorgelê word vir goedkeuring;
  • die toerusting en opleiding van die mentors en ouers;
  • die aankoop van gepaste materiaal;
  • die opstel van die jaarlikse begroting vir die jeugbediening;
  • die skryf van huisgeloofmateriaal in oorleg met die preektemas.

Profiel van die kandidaat

  • ’n Passie vir die Here en die vestiging van sy koninkryk.
  • ’n Passie vir bediening aan tieners en hulle ouers.
  • Toepaslike kwalifikasie en ondervinding (nie noodsaaklik, maar voordelig).
  • Die nodige leierseienskappe om ’n span vrywilligers te bestuur.
  • Energiek, gemotiveerd en ’n spanspeler.
  • Kan onafhanklik werk.
  • Nie ouer as 40 jaar nie.

Vergoeding: ’n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke

  • Stuur ’n relevante CV na admin@prismakerk.co.za met ten minste drie referente.
  • CV’s moet die kerkkantoor bereik teen 30 April 2024.
  • ’n Volledige posbeskrywing en vergoeding is op aanvraag beskikbaar.

Aanstellingsdatum: So gou as moontlik.

Navrae

Ds Adelle Swanepoel: 011 665 2017 | adelle@prismakerk.co.za

Ds Henning Rademeyer: 011 665 2017 | henning@prismakerk.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top