Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending: #imagine se jeugkampe en Pelgrimstog van Hoop se nuwe staproete

Dié jeugkampe gee hoop

Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampbeweging sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is – twee tipe buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het om nuwe bedieningsruimtes te skep.
Meer as 2 000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibië, het vanjaar se #imagine-kampe tussen 21 en 23 Maart bygewoon. Ds Anriëtte de Ridder, een van hierdie inisiatief se stigterslede, het Kerkbode Kollig vertel vir baie van die kinders is hierdie hulle eerste kampervaring ooit. Daarom is sy so dankbaar vir gemeentes en borge wat inspring en help met tente, komberse en wat nodig is.

Lofprysing by #imagine se kamp naby Bredasdorp. Foto: DJ Muller, Kaapkerk
Vir baie van die kinders is hierdie hulle eerste kampervaring ooit. Foto: Verskaf
Anriëtte vertel sy hoor dikwels in die terugvoer hierdie kamp was meer as ’n geestelike ervaring. Dit gee ook hoop.

Anriëtte, self ’n ma van tieners, vertel die tieners kom van oral. Klein en groot dorpe, verskillende kerke, tale en inkomstegroepe. Die kampe skep ’n ruimte vir jongmense om oor geloof te dink en gesels, ook saam met “imagineers” wat dalk anders as hulle lyk en klink. Sy sê die skep van so ’n ruimte was waaroor sy en ’n groep predikante, uit beide die NG en VG kerk, in 2013 gedroom het toe hulle saam na ’n nuwe manier gesoek het om die land se jongmense te bedien.
Sy hoor dikwels in die terugvoer hierdie kamp was meer as ’n geestelike ervaring. Dit gee ook hoop.
Die afgelope tien jaar, buiten die twee jaar tydens die Covid-pandemie, is hierdie kampe elke jaar gehou. Een naby Bothaville in die Vrystaat en die ander een naby Bredasdorp. (Kaapkerk het met imagineers gesels oor hulle ervaring by vanjaar se Overbergse kamp – sien onder).

Erns vertel van nuwe roete op Pelgrimstog van Hoop

Die joernalis Erns Grundling hou van stap. Hierdie liefde deel hy met lesers en kykers onder meer via sy Elders-reeks waarvoor hy beoog om ’n volgende reeks te maak oor ’n skone, reuse-stap kuslangs vanaf Mosselbaai tot Kaap Agulhas. Le Roux Schoeman het in Maart net so oor die 100 km afgelê op ’n gedeelte van hierdie jongste roete. Hier het hy gesels met Erns en mede-stappers oor wat so ’n saamstap vir hulle beteken.

Lees meer: Nuwe staproete is ‘slegs vir almal’ | Pelgrimstog van Hoop se nuwe roete van Mosselbaai tot Kaap Agulhas

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top