Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Kollig-podsending: Twee skrywersvriende gesels oor geloof, skrywers en boeke in Pinkstertyd

Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla.

So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee skrywers het elk ’n nuwe boek uit wat oor geloofstemas handel. Aan die hand daarvan gesels die liturg en die letterkundige openhartig oor geloofstemas wat struikelblokke kan wees. Temas soos genade en geregtigheid, woede, hemel en hel.

Cas vertel ook van sy behoefte om elke dag tyd in te ruim vir dinge wat mag lyk na tydmors. Hy sê ons raak te besig. Ons het stilword nodig om ons te help om weer reg na die wêreld te kyk.

Hiermee nooi ons jou uit om so 20 minute se “tydmors” te vat vir ’n luister of kyk (sien video-skakel onder) na hierdie podsending vir Kerkbode Kollig (vervaardig in samewerking met Kaapkerk).

Meer oor die boeke:

Cas Wepener se boek, Die heiligheid van hier, het onlangs by Bybelmedia verskyn met as subtitel: Ontdek die goddelike op onverwagte plekke. 50 essays vir alleen lees of saamlees.

Chris van der Merwe se boek, Grenslose genade: ’n Moderne geloofsbelydenis, het ook in Mei verskyn en is te kry by Lapa Uitgewers. Dit is ook in Engels beskikbaar as Boundless grace – A modern confession of faith.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top