Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Luister: ‘Oom dominee Freddie’ (84) vertel sy verhaal van boer en wag vir die kans om sy roeping uit te leef

Kerkbode het vandeesweek gesels met ’n afgetrede boer Freddie Faul wat in Februarie as standplaasleraar bevestig is by die NG Gemeente Mariental in Namibiё. “Noem my ‘oom dominee Freddie’,” sê hierdie afgetrede boer wat vertel hy leef met hierdie gevoel van roeping vir die bediening al van sy tienerjare maar het nou eers op 84 dit kon verwesenlik danksy aanlynopleiding in teologie by die Namibia Evangelical Theological Seminary (Nets).

Dit gebeur tydens ons storietoer in die maand van Mei deur hierdie land wat die kleinste-in-lidmaattal-en-grootste-in-grondgebied-streeksinode van die NGK se “tien samestellende kerke” het.

Kyk ook gerus hierdie video van ons besoek by Mariental:

Vind ook meer uit oor wat is wildernisbediening:

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top