Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Fauresmith en NG Kerk Jagersfontein: Kontrakleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Beroep van ’n leraar vir die samewerkende gemeentes van die NG Kerk Fauresmith en NG Kerk Jagersfontein.

Die gemeentes maak in biddende afhanklikheid van die Here die volgende pos bekend.

Vakature: Kontrakleraar vir die samewerkende gemeentes

GEMEENTEPROFIEL

Albei gemeentes is dorpsgemeentes met voltydse en deeltydse boere en is gesamentlik ongeveer 180 lidmate.

LERAARSPROFIEL

  • Bedieningsgeleenthede volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Daar sal van die aansoeker verwag word om Sondae twee eredienste waar te neem. Een diens vind plaas op Jagersfontein en die ander diens op Fauresmith wat 11 km uitmekaar is.
  • Plattelandse ervaring met ’n passie vir huisbesoek en pastoraat.
  • Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging met entoesiasme.
  • Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot opbou van die gemeentes.
  • Entoesiasme vir barmhartigheidswerk in die gemeenskappe.
  • Saam met huisgesin betrokke wees binne en buite die gemeente.
  • Beskik oor eie vervoer wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.

VERGOEDING

  • ’n Totale jaarlikse bedrag van R480 000,00 (dertiende tjek ingesluit) (tweejaarkontrak).
  • Akkommodasie sal voorsien word.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEK: 30 Junie 2024.

DIENSAANVAARDING: 1 September 2024 of soos ooreengekom.

AANSOEKE

Aansoeke moet per e-pos aan NG Gemeente Fauresmith en NG Gemeente Jagersfontein gestuur word: E-pos: ngkerkfauresmith@gmail.com en ngkjf@lantic.net

Aansoeke moet ’n volledige CV en minstens drie verwysings insluit.

Aansoekers wat die kortlys haal, sal vir ’n onderhoud genooi word en moet beskikbaar wees vir die waarneem van ’n oggenddiens in albei gemeentes.

Die kerkraad behou die reg om nie die vakature te vul nie, sou ’n geskikte kandidaat nie gevind word nie.

NAVRAE

Leierouderling – Jagersfontein: Boesman Loftus – sel 082 778 9928.

Leierouderling – Fauresmith: Kobus Fourie – sel 084 400 5505.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top