Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Luister | Maatskaplike werker vertel: ‘Ek wil dieselfde liefde belê in hierdie tieners as in ons seun wat op 21 dood is’

Elaine Pienaar en haar predikantman, Zack, het ’n seun verloor op 21. Sy vertel sy voel die Here gee vir haar, deur haar werk as maatskaplike werker by die Christelike organisasie, Wildernis Therapy Namibia, ’n kans om dieselfde liefde en omgee te belê in hierdie tieners as in haar seun.

Sy het gevoel haar lewe het ’n pragtige vol sirkel geloop toe sy vanjaar as ervare maatskaplike werker kon inskakel by hierdie alternatiewe terapie- en mentorprogram wat vanuit die NG Kerk in Namibië ontstaan het met die doel om jongmense op avontuurstaptogte te vat en daarna deur mentorskapprogramme by hulle betrokke te bly.

Tydens Kerkbode se onlangse storietoer het ons die span ontmoet wat ons meer vertel het van wat hulle doen. Tussendeur het Elaine haar mooi storie gedeel.

Hou ons webblad dop vir nog stories, video’s en foto’s uit Kerkbode se Namibië-storietoer.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top