Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Luister saam | Lizelle de Bruin oor hoekom hoop belangrik is met groen stories

Voor die NG Moedergemeente op George was ’n groot eikeboom. Toe word dit afgekap na ’n kewer die dorp se akkerbome besmet het. Vandag groei op dieselfde plek ’n paar jong eikeboompies wat van hierdie boom se akkers gekweek is. Dit is vir haar ’n ongelooflike storie van hoop, vertel Lizelle de Bruin, vanjaar die ontvanger van die Andrew Murray-Prysfonds se Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en geregtigheid.

Op RSG se webblad word hieroor so berig: “In die motivering vir die toekenning, word gesê dat sy as ervare radioregisseur, omroeper en direkteur van Wordwise Media al jare lank ’n uitsonderlike toewyding toon om omgewingsbewustheid te bevorder”.

“’n Mens raak soms vuisvoos maar jy moet aandag gee,” hoor Kerkbode by Lizelle. Sy vertel ook van die praktiese, selfs pretmaniere, hoe sy omgewingsbewustheid deel van haar lewe maak en deel ’n paar van haar gunsteling groen stories.

Vir meer oor van vanjaar se pryswenners:

’n God sonder ’n hart is ’n afgod’ | In gesprek met Daniël J Louw

Omvattende huldiging van Albert Nolan kyk terug, maar open ook vrae vir SA van vandag

Kinders het hulle eie storie en hulle eie reis

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top