Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kuratorium is verantwoordelik vir die keuring, begeleiding, toesighouding oor, eksaminering en aanbeveling vir toelating tot die evangeliebediening van teologiese studente.
Posbeskrywing
Die Hoof: Kerklike Opleiding gee uitvoering daaraan deur die beplanning, ontwikkeling en aanbieding van die Kerklike Teologiese Opleiding in samewerking met die Teologiese Fakulteit van UP en die begeleiding van die studente van die NG Kerk. Volgens die kerk se beleid soos vervat in die dokument “Geroep, gevorm, gestuur” sluit dit in:
Die bekendstelling, werwing, beplanning, aanbieding en begeleiding van die kerklike programme vir eerste- tot sesdejaar studente.
Die begeleiding van tweedeloopbaanstudente, wat insluit die beplanning en uitvoering van diensleraars en bedienaars se kerklike opleiding in samewerking met die Algemene Kuratorium, opleiding van diensleraars en bedienaars, en die ontwikkeling van ’n artikuleringsprogram van diensleraars na leraars.
Skakeling met die Teologiese Fakulteit en die dosente van die NG Kerk, verteenwoordiging van die NG Kerk op die ekumeniese raad van die Fakulteit, lid van die NG dosenteraad en lid van die Algemene Kuratorium.
Vereistes vir kandidaat
- Bevoegdheid as predikant in die NG Kerk met gemeentelike ondervinding van ten minste tien jaar.
- ’n Doktorsgraad in teologie.
- VBO-punte moet op datum wees.
- Ervaring in bestuur, kennis en aanbied van kursusse, toerusting en kurrikulumontwikkeling.
- Ervaring en kennis van kerklike werksaamhede in sinodale strukture.
- Vermoë om te netwerk en te skakel met gemeentes, leraars, kerklike strukture en die akademie.
- Spanwerker met gesonde menseverhoudinge.
- Ouderdom tussen 35 en 55 jaar.
Diensvoorwaardes
’n Salarispakket met byvoordele volgens sinodale skaal.
Diensaanvaarding 1 September 2024 of so gou moontlik daarna.
Aansoeke en aanbevelings deur kerklike liggame word gerig aan die kuratorium by ngkerk@up.ac.za
Sluitingsdatum vir aansoeke 21 Junie 2024.
