Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien: Nuwe luisterreeks met Braam Hanekom

Kaapkerk het in Julie begin met ’n nuwe podsendinggesprekreeks, “By die Braambos”. Die reeks bestaan uit weeklikse episodes waarin dr Braam Hanekom met ds DJ Muller gesels oor belewenisse vanuit sy eie lewe wat hy ervaar het as “heilige oomblikke in die alledaagse”.

Muller verduidelik in die eerste episode die braambos “is ’n metafoor vir oomblikke waar die hemel eintlik deurbreek op die aarde. Dit het te doen met heiligheid … heiligheid in die alledaagse. Ek en Braam wil so bietjie kyk na hierdie heilige oomblikke in die alledaagse.”

In die eerste episode vertel Hanekom dan van sy ervaring om by die onlangse inhuldiging van die president by die Uniegebou in Pretoria te wees en kort daarna tyd te spandeer saam met sy gesin. Hy vertel dat hy dankbaar is vir ’n gesin by die huis sowel as vir ’n gesin van mede-landsburgers.

Bron: Klank Kompas

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.