Sanja Steyn (37) van Darling het Race4Grace begin omdat sy lief is vir hardloop en ’n hart het vir die kwesbare weeskinders van Zimbabwe. Die land waar haar ouers sendelinge was en sy grootgeword het. Na haar pa, ds Henry Murray, se dood in 2014, het sy besluit sy gaan met uithouwedlope fondse insamel vir die fonds wat haar ouers begin het om kinders wat swaarkry te help.
Verlede jaar het sy met SkyRun 100, ’n deurnaghardloop van 100 km in die Drakensberge, R150 000 kon insamel vir die Henry Murray Gedenkfonds (val onder NG Kerk van Wes-Kaapland se Getuienisaksie). Hierdie fondse het dit vir 18 weeskinders van Mashonaland in Zimbabwe moontlik gemaak om vanjaar te kon skoolgaan.
Einde vanjaar maak sy weer so. Dié keer ’n uithouwedloop van meer as 100km in Zimbabwe.
Kyk gerus ook hierdie video.