Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2024.
Gemeenteprofiel:
Ons gemeente is ’n gemeente met 1 550 doop- en belydende lidmate. Kinders tot en met 18 jaar is ongeveer 10% en lidmate bo 60 jaar 55%.
Die gemeente word deur twee leraars bedien en ons het twee bedieningspunte – Mosselbaai en Vleesbaai. Vergoeding is volgens sinodale skaal met ’n pastorie ingesluit in die pakket.
Ons is ’n gemeente wat …
- Met ons lewe God wil eer
- Vir almal (oud en jonk) ’n geestelike tuiste wil wees waar elkeen sy/haar passie vir die Here kan uitleef. En waar ons mekaar versorg.
- Die koninkryk van God wil soek en ’n verskil in ons gemeenskap wil maak.
Leraarsprofiel:
Dit is vir ons belangrik dat die suksesvolle leraar:
- Iemand is wat lief is vir die Here, en in ’n lewende verhouding met Hom leef.
- Die leefwêreld van gesinne en kinders verstaan en hulle kan bereik en bedien.
- Kleingroepe en bedieninge sal help uitbou.
- ’n Hart het vir die gemeenskap, vir verlorenes (uitreik).
- Gemaklik is om in spanverband te werk.
- Visionêr en innoverend is.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.
Aansoek:
Belangstellendes kan aansoek doen deur die volgende te e-pos aan die kerkkantoor: (ngkerkmsb-suid@absamail.co.za):
- ’n CV (maksimum vier bladsye), wat jou bedieningsvoorkeure, spiritualiteit, persoonlikheidseienskappe en bedieningservaring beskryf.
- Name en kontakbesonderhede van ten minste drie referente.
Deur ’n aansoek in te dien gee die kandidaat sy/haar toestemming aan die kerkraad om van die inligting vervat in die CV volgens die bepalings van die POPIA-wetgewing aan te wend. Alle inligting sal andersins vertroulik hanteer word.
Die pre-advieskommissie behou die reg voor om onafhanklik inligting oor die aansoeker in te win en bepaal aan die hand van die posvereistes wie die mees geskikte persoon vir die pos sal wees.
Kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
Diensaanvaarding: 1 Maart 2025 of so gou moontlik daarna.
Navrae:
Vir navrae kan een van die leraars gekontak word
André Kritzinger 084 613 2462, epos andrekritzinger01@gmail.com
Robert Knobel 084 684 1304 epos robert.knobel@gmail.com
Of die gemeente se skriba Lezelda Faul 083 210 3057.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.