Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Swartland-Noord (Malmesbury): Voltydse medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse medeleraar

  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Augustus 2024.
  • Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025 of soos ooreengekom.

Gemeenteprofiel:

NG Kerk Swartland-Noord in Malmesbury, Wes-Kaap, bedien ongeveer 1 314 belydende lidmate en 360 dooplidmate. Die dorp is sentraal geleë, 70 km vanaf Kaapstad en Stellenbosch, en groei vinnig met nuwe inwoners van jong gesinne tot afgetredenes. Die gemeente werk saam met die buurgemeente, NG Kerk Swartland, om hulle gesamentlike roeping in die area uit te leef.

Leraarsprofiel:

Gelegitimeerde proponente en leraars met tot vyf jaar ondervinding word genooi om aansoek te doen. Belangrike eienskappe sluit in:

  • Lewende verhouding met die Here.
  • Organiseer- en bestuurvaardighede.
  • Aanpasbaarheid, veerkragtigheid en dinamiek.
  • Skrifgetroue prediking en ’n passie vir alle generasies.
  • Liefde vir kerk- en geestelike musiek.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede en spanwerk.
  • Vernuwende tegnologie- en sosiale media-vaardighede.

Vergoeding:

  • Basiese salaris, pensioen, medies, en vervoertoelaag volgens sinodale riglyne.
  • Behuisingsmodel is in plek.

Aansoekproses:

  • Gelegitimeerde leraars of proponente van die NG Kerk moet ’n volledige CV (maksimum 4 bladsye), ’n kort video (2-5 minute), en drie referente per e-pos stuur aan admin@ngksn.co.za en Gé Kriek by gkriek@gk7.co.za voor of op 31 Augustus 2024.
  • Kortlys-kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.