Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Medeleraarspos (voltyds, onbepaalde termyn)
GEMEENTEPROFIEL
NG Kerk Quellerina is geleë langs die N1 aan die Wes-Rand met die kerkgebou in Langelaan 81, Florida Glen. Die 859 belydende lidmate en 239 dooplidmate is eweredig versprei oor alle ouderdomme en ±70% woon buite die gemeentegrense, verspreid oor die Wes-Rand. Die gemeenteleuse is: Gaan groot met LEWE (Liefde, Egtheid, Warmte en Entoesiasme) en beskryf ons roeping om God se liefde wyer te laat groei.
LERAARSPROFIEL
Die kerkraad nooi gelegitimeerdes om aansoek te doen om as medeleraar bedienaar van die Woord te wees, en die volgende eienskappe en take uit te leef. Die kerkraad besef dat sulke doelwitte slegs met menslikheid en deur die genade uitgeleef kan word, en die kerkraad koester nie onrealistiese verwagtinge nie.
- Artikel 9 van die Kerkorde as geheel, in besonder die vertrekpunt dat die persoon ’n opregte volgeling van Christus is met integriteit en volwassenheid.
- As prioriteite geld veral effektiewe prediking, goeie mensvaardighede, voldoende leiers- en bestuursvaardighede, en met ’n passie vir gemeentegroei.
- In spanverband gaan die aansoeker, saam met die geheelbediening, fokus op jeugbediening.
- Verkieslik moet die aansoeker jonger as 45 jaar wees, met toepaslike ervaring.
VERGOEDING
- Vergoedingspakket neem as basis die sinodale riglyne.
- ’n Huistoelaag word verskaf vir eie behuising.
AANSOEKE
- Aansoeke moet vergesel word van ’n onlangse CV met kontakinligting van minstens drie referente. Dit moet gerig word aan die gemeentebestuurder:bestuurder@quellerina.co.za
- Verder moet aansoekers ’n vraelys aanvra by dieselfde adres en inhandig saam met die aansoek. Stuur ook asb ’n kort (maks vier minute) video-opname van enige optrede sodat ons jou beter in persoon kan leer ken (dit hoef geensins professioneel gemaak te wees nie).
- Die kerkraad behou ook die reg voor om self aansoekers te nooi, verdere relevante inligting te versamel, waaronder professionele persoonlikheidstoetsing, en verdere navraag by ander relevante persone te doen.
- Die kerkraad sal ook ’n persoonlike onderhoud reël en na ’n preek luister van persone op ’n finale kortlys.
- Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie en verdere aansoeke te werf.
SLUITINGSDATUM VAN AANSOEKE en DIENSAANVAARDING
Aansoeke sluit 15 Oktober 2024. Die teikendatum vir diensaanvaarding is 15 Januarie 2025.
Navrae kan gerig word aan Luane Jelliman (gemeentebestuurder, 011 477 7198/084 406 7055).