Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Vryheid Suid-Oos: Voltydse Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse Leraar

Die gemeente Vryheid Suid-Oos is ’n klein plattelandse gemeente in die noorde van KZN in die mooi dorp Vryheid met 440 belydende lidmate en 156 dooplidmate. Ons is twee NG gemeentes op die dorp. Ons gemeenskap beskik oor uitstekende skole en mediese dienste.

Leraarsprofiel: Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Vryheid Suid-Oos die volgende eienskappe sal openbaar:

  1. ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.
  2. Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.
  3. Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.
  4. ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.
  5. ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.

Werksprofiel:

  1. Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  2. Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid.
  3. Dinamiese en aktuele prediking met ’n klem op lof en aanbidding.
  4. Betrokkenheid by jeug- en gesinsbediening.
  5. Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
  6. Betrokkenheid by die gemeenskap, veral by skole.
  7. Gereelde huisbesoek en toerusting van lidmate is ’n prioriteit.

Vergoeding en voordele: Sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word met in agneming van sinodale riglyne. Gratis huisvesting in ’n pastorie word voorsien.

Belangstellendes moet die volgende elektroniese aan ons voorsien by: E-pos: ngsuidoos@gmail.com.

  1. Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ‘n volledige CV. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, asook aspekte soos: jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou motiveer, areas waar jy nog moet groei, en hoe jy konflik hanteer.
  2. Kontakbesonderhede van vier referente.

Sluitingsdatum: 10 Oktober 2024.

Gemeente hou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top