Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Houtbaai: Permanente deeltydse pos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Permanente deeltydse pos

In biddende afhanklikheid van die Here stel ons ’n permanente deeltydse pos bekend en nooi leraars om aansoek te doen.

Ons is ’n klein intieme gemeente omring deur berge en begrens met die Suid-Atlantiese oseaan. Die gemeente bestaan uit 70 doop- en belydende lidmate. Tans het ons baie min gesinne met skoolgaande kinders, alhoewel daar potensiaal in die dorp daarvoor is.

Aangesien die gemeente tans klein is, kan ons nie ’n voltydse leraar bekostig nie, daarom is dit ’n permanente deeltydse pos.

Die salaris is onderhandelbaar na aanleiding van die aantal ure wat die leraar sal werk. Daar is wel ’n pastorie beskikbaar.

Ons is ’n gemeente wat:

  • Diversiteit en inklusiwiteit omarm.
  • ’n Geestelike tuiste wil wees vir die Afrikaanse mense in Houtbaai, maar om deur middel van ’n intydse vertaaldiens enige nie-Afrikaanse mense ook te ontvang.
  • Tot seën vir die gemeenskap wil wees.

Die ideale profiel van ’n leraar waarna ons kyk sluit in:

  • Met ’n diepe oortuiging van sy/haar roeping as predikant.
  • Met ’n lewende verhouding met God.
  • In wie se lewe dit sigbaar is dat hy/sy lief is vir die Here.
  • Die vermoë het om goeie verhoudings te kan bou met ouer en jonger mense.
  • Wat inklusiwiteit en diversiteit omarm.
  • Wat ’n visie het om die koninkryk van God te bou en nie net die gemeente nie.
  • Wat verstaan dat die gemeente ’n gestuurde gemeente is wat ’n verskil in Houtbaai en die wêreld wil maak.
  • Wat die gawe het om die Woord suiwer en kreatief te verkondig.
  • Wat nie net van die gemeente finansieel afhanklik is nie, maar ook ’n ander bron van inkomste het of kan genereer.
  • Wat bereid is om innoverend saam met die kerkraad te kan dink.
  • Wat kan bedien in ’n Houtbaai-kultuur met sy eiesoortige karakter soos bv individualisme, groot kontras tussen ryk en arm, multikulturele samestelling, lae kerklike betrokkenheid, kosmopolitaans.
  • Wat bereid is om ’n permanente deeltydse pos te aanvaar. Met ander woorde net beperkte dae aan gemeentewerk spandeer en die res aan ander inkomste genererende aktiwiteite.
  • ’n Bonus sal wees as hy/sy ook musikaal is en ’n lofprysingsgroep kan lei.

Belangstellendes kan aansoek doen deur die volgende te e-pos aan die kerkkantoor:

hbgemeente@gmail.com

  1. ’n CV met redes waarom jy dink jy goed sal vaar in Houtbaai-gemeente.
  2. Name met kontaknommer van twee tot drie referente.

Deur ’n aansoek in te dien gee die kandidaat sy\haar toestemming aan die kerkraad om van die inligting vervat in die CV volgens die bepalings van die POPIA-wetgewing aan te wend. Alle inligting sal andersins as vertroulik hanteer word.

Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik inligting oor die aansoeker in te win en bepaal dan biddend aan die hand van die posvereistes wie die mees geskikte persoon vir die pos sal wees. Kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n zoomonderhoud.

Sluitingsdatum vir die aansoek: 25 Oktober 2024.

Diensaanvaarding: Maart 2025.

Vir navrae kan die volgende persone gekontak word:


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.