Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Frits Gaum tydens sy laaste onderhoud met Kerkbode in Augustus 2024. Foto: Le Roux Schoeman

Frits Gaum sterf op 84


Dr Frits Gaum is op 1 Oktober in die ouderdom van 84 by die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier, Kaapstad, oorlede. 

“Hy was ’n merkwaardige persoon, op baie vlakke,” het sy seun, Laurie Gaum, Dinsdag gesê. 

Gaum, ’n voormalige Kerkbode-redakteur en prominente figuur in die NG Kerk, word oorleef deur sy vrou Henda en seuns André en Laurie asook sy dogter Lina Hattingh. 

Gaum het in Augustus vanjaar, in ’n onderhoud met Kerkbode, ook oor die kanker wat by hom gediagnoseer is, gesels. 

“Namens die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, spreek ons ons innige medelye uit met die afsterwe van dr Gaum,” het dr Nioma Venter in ’n boodskap gesê. “(Gaum) was welbekend in ons kerkgemeenskap. Hy het sy roeping met absolute oortuiging uitgeleef. Ons gedagtes en gebede is by sy eggenote Henda, hul kinders André, Laurie en Lina, hul kleinkinders, en almal wat hom na aan die hart was,” het die NG Kerk se algemene sekretaris bygevoeg.


Frederik Malherbe Gaum is in 1940 in Germiston gebore en studeer eers aan die Universiteit van Pretoria voor hy sy teologiese studie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Later, tydens ’n MA in Joernalistiek, spits Gaum hom toe op wat spesifiek kérkjoernalistiek moet wees – en gaan bestudeer die wyse waarop kerkkoerante in die VSA en die Engeland dit benader. Veral die kwessie van joernalistieke onafhanklikheid het hom geïnteresseer. 

Gaum was Bybelkor (vandag Bybel-Media) se eerste uitvoerende direkteur. Die groot besigheid van kursusboeke versprei, van tydskrifte (Die Voorligter, wat later omskep word in die tydskrif LiG), en van die NG Kerk se Jaarboek. En dan Die Kerkbode wat onder sy leiding op ’n kol as invoegsel binne Media24 se koerante (Beeld, Volksblad, Die Burger) verskyn en op daardie manier ’n pieksirkulasie bereik. Lees die volledige onderhoud HIER.

Lees ook: ‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie, máár …’ – Frits Gaum

 

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Ons kommentaarbeleid

Lesersbydraes word goedgekeur voor dit verskyn en wel op grond van ons algemene gespreksriglyne wat kortweg as volg opgesom kan word: Meer lig as hitte. Verwag 'n vertraging tussen die instuur van jou kommentaar en die verskyning daarvan.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.