Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Sonstraal (Durbanville): Voltydse medeleraar (Jeug)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse medeleraar (Jeug)

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel

  • Sonstraalgemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien tans 3 519 belydende lidmate en 1 358 dooplidmate, in die volle spektrum van ouderdomme.

Die talle skole in ons omgewing bring stelselmatig ’n verjonging in ons gemeenteprofiel na vore.

  • Ons slagspreuk is: Leef om te dien, en ons roepingstelling: By Sonstraal is almal welkom – hier leer ons saam om soos Jesus te leef. Ons leef ons roeping uit met die waardes: genade, gasvryheid en gestuurdheid.
  • Ons oggend- en aand-eredienste is gasvrye en feestelike ontmoetings. Aanddienste word in ’n jong en informele idioom aangebied. Ons doen moeite om ten volle inklusief te wees.
  • Ons is kerk in ons konteks waar elke lidmaat geroep word om met geregtigheid, vrede en vreugde te leef.
  • Ons kuier graag saam en geniet goeie koffie!

Leraarsprofiel

  • Opregte, geïntegreerde en dinamiese persoonlikheid met die vermoë om uitstekend in ’n span saam te werk.
  • Goeie aanvoeling vir jongmense (Gr 7 tot studente) met ’n visie en passie vir jeugbediening.
  • Vermoë om eredienste met passievolle en kontekstuele prediking, kreatiewe liturgie en teologiese suiwerheid te lei.
  • Visie en passie vir die gemeente se gerigtheid na buite.
  • Vereenselwig met die gemeente se visie en roepingstelling (soos hierbo uiteengesit).
  • Die uitvoer van al die ander verantwoordelikhede van die amp van predikant, soos verwoord in Artikel 9 van die Kerkorde, in samewerking met die ander predikante binne die bedieningsraamwerk van die gemeente.

Vergoeding

Volgens sinodale skaal tot ’n maksimum van Kerf 5. ’n Pastorie word nie voorsien nie, maar wel ’n behuisingstoelaag.

Aansoeke

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by:

kommunikasie@sonstraal.org.za.

  • ’n CV (nie langer as drie bladsye nie).
  • Kontakbesonderhede van drie referente.
  • ’n Selfoonvideo (nie langer as drie minute nie) waarin (a) jy jouself voorstel en (b) jy motiveer waarom jy oortuig is dat jy die geskikte kandidaat vir die pos is.
  • ’n Skakel na ’n onlangse preek van jou.

Navrae kan aan die voorsitter van die pre-advies gestuur word by dieselfde e-posadres as hierbo.

Sluitingsdatum: 27 Oktober 2024 (24:00).

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top