Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Diensleraar
Termynbepaalde deeltydse kontrak (12 maande | 26 ure per week)
Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente Pearston is ’n klein plattelandse Karoogemeente wat vir mekaar omgee en sorg. Die gemeente het ’n behoefte om uit te reik na mekaar en die gemeenskap. Die dorp is geleë 46 km vanaf Somerset-Oos; 77 km vanaf Graaff-Reinet; 66 km (grondpad) of 110 km (teerpad) vanaf Jansenville.
Leraarsprofiel:
Die gemeente is op soek na ’n geestelike voorganger wat met woord en daad die voorbeeld sal stel. Die persoon moet in staat wees om die gemeente saam op reis te neem in die werksaamhede van die kerk. Die persoon moet ’n sterk pastorale aanslag hê wat huis-/siekebesoeke, Woordverkondiging en barmhartige uitreik na die gemeenskap sal bevorder.
Opdrag:
Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad, met ’n spesifieke fokus op pastoraat en Woordverkondiging.
Vergoeding en termyn:
Die deeltydse termynbepaalde pos word proporsioneel bereken. Die deeltydse komponent behels ’n gemiddelde 26 uur werkweek (uiteensetting van pligte kan aangevra word).
Die allesinsluitende vergoedingspakket beloop R200 000 per jaar (TKVI) en kan na wense met inagneming van wetgewing gestruktureer word. ’n Voertuig vir gemeentelike gebruik word verskaf.
Die termyn word vir 12 maande bepaal, met die moontlikheid om te verleng indien beide partye daartoe instem.
Indiensneming vind 1 Maart 2025 plaas of so spoedig moontlik daarna.
Aansoeke:
Stuur u CV insluitende name van referente, nie langer as drie A4-bladsye nie, met onderwerp “Aansoek: NAAM en VAN”, aan: ngkpearston@gmail.com
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2025.
Rig navrae aan:
- Ouderling: mnr Jannie Barnard, sel: 082 875 1324.
- Skriba: me Amanda Chowels, sel: 083 650 7072.
- Konsulent: ds Ruan Nieuwenhuizen, sel: 082 562 6451.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.