Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Murray (De Doorns): Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Kerk Murray (De Doorns): Vreugdevolle medewerkers in die wingerd met die oog op God se oes.

Vakature: ’n Voltydse gelegitimeerde NG leraar wat saam met ons God se visie vir die koninkryk wil uitleef.

Sluitingsdatum: Vrydag 7 Februarie 2025.

Gemeenteprofiel:

Ons is ’n plattelandse gemeente in die Breederiviervallei, bestaande uit ongeveer 750 volwasse en 200 jonger lidmate. Die gemeente is ook “Moeder” vir twee ander gemeentes, Omdraaistraat en Omdraai Engels, wat uit die Amosbediening ontstaan het en outonoom, maar in samewerking met Murray bestaan.

De Doorns is hoofsaaklik ’n tafeldruiweboerderygemeenskap, en ons lidmate is meestal in boerderyverwante beroepe.

Bedieningspan: ’n Voltydse medeleraar, skriba/koster en kassier, asook verskeie lerende ouderlinge in die drie gemeentes.

Leraarsprofiel: Die leraar moet die bou van die koninkryk eerste stel, met Artikel 9 as riglyn, maar nie beperk tot daardie funksies nie.

Vergoedingspakket: Vergoeding sal volgens die sinodale riglyne en die DVK se voorafgaande besluite onderhandel word. Die pos sluit ’n pastorie in, insluitende tuindienste, munisipale rekeninge en krag.

Aansoeke:

Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na skriba@murraygemeente.co.za en vergesel wees van ’n volledige CV met drie referente. Aansoeke moet nie vier bladsye oorskry nie. Die kandidaat moet beskikbaar wees om verkieslik in persoon die gemeentes se leierskap toe te spreek. Aansoeke sluit Vrydag 7 Februarie 2025.

Navrae: Riaan Bruyns, voorsitter DVK: dedoorns1@rigroup.co.za +27 82 927 5279.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top