Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Standerton-Suid: Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Sluitingsdatum: 31 Maart 2025.

Dienstermyn: Permanent.

Gemeenteprofiel: Die gemeente bestaan uit 50% plaas- en 50% dorpslidmate. Sowat 340 belydende en 70 dooplidmate. Ons is ’n samewerkende gemeente wat diep afhanklik van die Here is en streef na Skrifgetroue bediening. Die gemeente is geleë op die Hoëveld aan die suidekant van Standerton. Die gemeente is meelewend in eredienste en lofprysing.

Leraarsprofiel: Versoek leraars wat die gemeente kan lei tot ’n diepe verhouding met die Here en wat hulleself tuis sien op die platteland met sy unieke uitdagings, om ’n kort CV te e-pos.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Moet ’n passie hê vir Skrifgetroue Woordverkondiging.
  • Moet verantwoordelikheid aanvaar vir die uitbou van die gemeente, organisasie en beplanning.
  • Moet doelgerig saam met die kerkraad kan werk aan verhoudinge deur middel van huisbesoeke en wyksbyeenkomste.

Vergoeding en voordele:

Toepaslike sinodale skaal asook ruim pastorie (met gebruiklike voordele).

Aansoek:

Kandidate stuur kort CV, asook dokument wat jou verhouding met God, jou vertolking van die Skrif en belydenis vervat aan: kerkkantoor: Thea Gie – ngstds@absamail.co.za en/of leieroudeling Alan Cawood: braodlands@standerton.co.za

Kandidate wat die kortlys haal moet vir onderhoud en prediking beskikbaar wees in Standerton.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2025, onderhandelbaar

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.