Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Delmas-Wes Familiekerk: ’n Omgeegemeente
GEMEENTEPROFIEL
- Ons gemeentevisie is “God in almal sigbaar”.
- Ons is ’n dolerende gemeente.
- Ons is ’n Skrifgetroue en Geesvervulde gemeente.
- Ons is 381 lidmate.
LERAARSPROFIEL
- ’n Leraar wat geroepe sal voel om saam met ons hande te vat om God se opdrag uit te voer.
- Begrip het vir die unieke dinamika van ’n plattelandse gemeente.
- ’n Geesvervulde prediker wat regtig lief is vir die Here en dit kan uitleef in die gemeenskap.
- Iemand met goeie menseverhoudings en kommunikasievermoë.
- Geroepe is om deel te wees van ’n dinamiese leierskorps.
VERGOEDING
’n Volhoubare traktement volgens die sinodale riglyn of ’n totale vaste vergoeding per jaar. Dit sal onderhandel word.
AANSOEKE
- Volledige CV.
- Kandidate wat die kortlys haal moet bereid wees om ’n naweek op Delmas deur te bring saam met die leierskorps en dit sluit ’n preekbeurt in.
- Moet ook bereid wees om ’n persoonlikheidsanalise te ondergaan.
Stuur CV na Skriba: delwesfamiliekerk@gmail.com
DATUMS
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Februarie 2025.
- Aanstellingsdatum: Mei 2025.
NAVRAE:
Kan gerig word aan: Voorsitter Pre-Advies:
Riaan Grobbelaar: riaan@jmaconsult.co.za
Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg