Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Finansiële beampte
POSBESKRYWING:
Die ideale kandidaat is pro-aktief, akkuraat, syfervaardig en is bogemiddeld bekwaam om die finansiële aspekte van die gemeente te bestuur tot op oorhandiging aan die ouditeure. Goeie menseverhoudinge, die vermoë om onafhanklik en verantwoordelik te werk, asook die effektiewe bestuur van tyd is ononderhandelbaar. Uitstekende vaardigheid van Excel en Pastel is noodsaaklik. Ervaring in ’n finansiële posisie sal in jou guns tel, met ’n goeie kennis van ITT. Daar word verwag dat die suksesvolle kandidaat verkieslik ’n lidmaat van Helderberg Gemeente sal wees/word, of hom/haar vereenselwig met die visie en waardes van Helderberg Gemeente.
Die pligte behels onder andere:
- Hantering van alle inkomste van Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik hetsy kontant of elektronies. Sluit in alle lidmaatbetalings, kollektes, alle kerkaktiwiteite soos bv die basaar, fietstoere, Bybelskool, kampe, ens, asook alle rekordhouding wat daarmee saamgaan.
- Personeelaangeleenthede mbt betaling van salarisse en lone tesame met die statutêre betalings op SARS e-filing, asook hantering van verlof en die bestuur van die byvoordele.
- Voorbereiding van alle begrotings asook maandelikse finansiële state aan al die relevante partye.
- Bankrekonsiliasies.
- Hantering van die krediteure, maandelikse sinodale betalings, ongevalleversekering en ander betalings aan bv Silwerkruin, ACVV, ens.
- Tree op as skriba van die Rentmeesterspan.
- Ander programme bv Absa Buro debietorder, Alex Forbes pensioenstelsel (kan aangeleer word).
- Goeie ITT-kennis.
- Alle ander take verwant aan die pos.
- Rig u gedetailleerde CV aan: marisa@nghelder.co.za teen 7 Februarie 2025.
Primêre verantwoordelikhede: sluit die volgende sleutelprestasie-areas in:
- Nougesette navolging van die finansiëlekontrolebeleid;
- Deurlopende verslaggewing aan die Rentmeesterspan / bedieninge en kerkraad.
- Opstel van ’n konsepbegroting en begrotingsbeheer.
- Administrasie van salarispakkette en betalings, insluitend statutêre betalings.
- Krediteure / debiteure – betalings en verhalings van fondse;
- Die indien van finansiële state vir ouditering.
- Ander: kollektes, basaaropbrengs versorg en bank.
- Bywoon van Rentmeestervergaderings en die neem van notules.
- Beskikbaarheid om van tyd-tot-tyd hulp te verleen met groot geleenthede op die jaarprogram.
- Opdatering van bateregister, versekering- en instandhoudingsbegrotings, sowel as terugvoering op die uitvoering van beplande instandhouding en die gebruik van die begroting in samewerking met die fasiliteitskoördineerder.
ALGEMEEN:
- ’n Allesinsluitende vergoedingspakket in lyn met die sinodale riglyne vir kantoorpersoneel sal met die suksesvolle kandidaat bespreek word.
- 20 werksdae verlof per jaar.
- Werksure (40 uur per week) (Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00). Daar sal van tyd-tot-tyd ook na-ure verpligtinge wees.
AANSOEKE: ’n CV met sertifikate en onlangse referente (minstens drie). Aansoeke kan per e-pos gerig word aan Marisa Viljoen (marisa@nghelder.co.za)
SLUITINGSDATUM: 7 Februarie 2025 om 12:00.
DIENSAANVAARDING: 1 Mei 2025 of soos ooreengekom. Die kerkraad en Helderberg Gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.