Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Kakamas: Plaasbediening

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Plaasbediening in die Kakamas-omgewing

Die NG Kerk Kakamas wag vir aansoeke van ’n persoon wat die bediening op plase in die omgewing kan behartig.

Kakamas is sowat 90 km van Upington in die Noord-Kaap-provinsie. Dit is hoofsaaklik ’n boerderygemeenskap wat wingerd- en veeboere insluit. Hier is uitstekende skole op die dorp en ’n verskeidenheid van besighede. Afrikaans en Tswana is die tale wat deur die meeste mense in die gemeenskap gepraat word.

Die bediening van Afrikaans- en Tswanasprekende plaasarbeiders is die fokus van die bediening.

Vereistes: Enige persoon wat toegerus is en geroepe voel om die volgende te kan doen:

  1. Om weekliks die Woordverkondiging by geselekteerde plase in die omgewing te behartig.
  2. Die pastorale versorging van plaasarbeiders, soos mag voorkom in die besoeke aan plase.
  3. Die bedienaar sal op ’n gereelde basis dissipelskaptoerusting gee aan geselekteerde individue op plase.
  4. Die geestelike leiers wat op plase toegerus word, sal deur die bedienaar bygestaan word in die vestiging van bediening op plase of ander byeenkomste wat op die plase mag plaasvind.

Vergoeding: ’n Mededingende salaris onderhandelbaar met die geskikte persoon.

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2025.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2025.

Aansoeke: Stuur ’n CV na ngkerkkakamas@lantic.net

Navrae:

Ds Peet Blaauw, sel: 082 788 7665.

Ds Rion Britz, sel: 082 972 9555.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top